FOTO Instagram @oliviapalermo
Modestories

Mode: Laag op laag teen die koue

Die winter kan opgesom word in drie woorde: laag op laag. Dikwels dwing die koue ons om soos opgestopte worse te lyk. Maar hier is 6 geheime wat jou gaan help om te keer dat dít gebeur. 

6 geheime wat werk:

#1 Eenkleurig

As jy eenkleurige klere dra, lyk jy onmiddellik kleiner.

 

#2 Belt in die middel

’n Belt definieer jou middel en laat jou uitrusting minder bonkig lyk.

 

#3 Serpe

Kleintjies, grotes, kleurrykes of dié met uitspattige patrone!

 

#4 Polonek

’n Polonek is iets wat jy baie lekker onder enige item kan dra!

 

#5 Gooi ’n jas oor jou skouers

Speel met jou jas of baadjie. Jy kan dit oor jou skouers gooi soos ’n mantel, veral as jy ’n mooi bloes of top aanhet wat jy bietjie wil afwys.

 

#6 Kunspels

Kunspels is ’n goeie afronding vir ’n luukse laag-op-laag-voorkoms.