Carolina Herrera dra 'n wit hemp tydens die bekenstelling van een van haar parfuums in Dubai. Foto: Instagram @houseofherrera

Carolina Herrera dra 'n wit hemp tydens die bekenstelling van een van haar parfuums in Dubai. Foto: Instagram @houseofherrera

Modestories

Mode-ontwerper Carolina Herrera se gunsteling-item

Sy is stylvol, inspirerend en het ‘n ongelooflike loopbaan in die modebedryf. Carolina Herrera se gunsteling onder alle mode-items sal jou verbaas.

Dit is niks anders nie as ‘n eenvoudige, klassieke wit hemp.

#HERRERALIVE #NYFW That’s a wrap!

A photo posted by Carolina Herrera (@houseofherrera) on

Een wit hemp; drie maniere

Kyk hier wat haar dogter Carolina Herrera de Báez sê oor haar ma en die wit hemp, asook wat Carolina self oor die wit hemp te sê het: Carolina Herrera deur die jare:
1939 – Die 76-jarige ontwerper is in Venezuela gebore .

1968 –  Sy trou met Reinaldo Herrera, seun van ‘n bekende suikerplantasie-eienaar, en begin met ‘n stralerjakker-leefstyl. Sy skuur gou skouers met bekendes soos kunstenaar Andy Warhol, prinses Margaret van Brittanje en rock-ster Mick Jagger.

1980 –  Carolina Herrera haal die International Hall of Fame se lys van Bes Gekledes. Sy en haar man verhuis ook na New York.

1981 – Legendariese Vogue-redakteur Diana Vreeland moedig Carolina Herrera aan om haar eie reeks te ontwerp en sy stel haar Herfsreeks bekend in New York.

1986 – Sy ontwerp Caroline Kennedy (dogter van John F Kennedy & Jacqueline Kennedy) se trourok en raak onmiddellik bekend in Noord-Amerika.

1988 –  Sy stel haar eerste parfuum bekend.

1996 – Haar dogter Carolina Herrera de Báez sluit haar by die onderneming aan as kreatiewe direkteur van Herrera’s House of Fragrances.

Inspiring #FallingJasmine #CarolinaHerreradeBaez @grillo_demo. A photo posted by Carolina Herrera (@houseofherrera) on


2000 – Carolina Herrera maak haar eerste vlagskip-boetiek oop op die hoek Madison Avenue en 75th Street in New York. Dis ‘n gebou van vier vloere.

2001 – CH Carolina Herrera word bekend gestel – ‘n pasklaar reeks (ready to wear) vir mans, vroue en kinders.

2004 – Carolina Herrera ontvang die CFDA-toekening vir Womenswear Designer of the Year; asook die Glamour-toekenning vir “Woman of the Year”.

2006 – ‘n Boetiek word oopgemaak in Melrose Place, Los Angeles.

2007 – CH Carolina Herrera-parfuum word bekend gestel.

2008 – Die CFDA vereer Herrera met die Geoffrey Beene Lifetime Achievement-toekenning.

2011 – Carolina Herrera ontwerp die trourok van Bella vir die fliek Twilight: Breaking Dawn Part 1.

2012 – Herrera ontvang ‘n eredoktersgraad in beeldende kunste van New York se Fashion Institute of Technology.

#insidetheatelier CHic is around every corner.

A photo posted by Carolina Herrera (@houseofherrera) on