Modestories

Glansryke jý!

Fedora-hoed

’n “Manlike” fedora-hoed by sagte plooi- of vou-detail lyk modern.

Grys fedora-hoed (R169), Claire’s. Geelgroen rok van sy en maasstof (R2 300), Lunar. Perspeks-armband (R80), Foschini.

Rok: groottes 32 – 38

Mode sessie: Maart 2010

 

Blompatroonrok

Vir jou eksentrieke siel – ‘n deursigtige romp bo-oor ‘n gunsteling-
rok
maak albei items nuut.

Grys blompatroonrok van katoen (R399,95), Charter Club @ Edgars.
Grys volromp van sy-chiffon (R2 300), Lunar. Kersiepienk palmhandsak van satyn (R500), Lulu Belle. Swart kouse met fyn patroon (R69,95), Cameo @ Burhose. Grys rondetoon-hakskoene van kuns-blinkleer en -sweedsleer (R360), Foschini. Groen glas-en-diamanté-ring (R200), Glitterati.

Rok: groottes 8 – 18
Romp: 32 – 38

Kêrelbaadjie

‘n Lospassende satynkortbroek met plooi-detail wys jou hip styl saam met jou kêrelbaadjie.

Swart kêrelbaadjie (R420), Foschini. Pienk kortbroek van sy-satyn (R1 890), KLûK CGDT. Goue kortmoutrui van viskose (R350), Lu by Lolita. Goudkleurige oorbelle (R75), Foschini. Goue voetlose kouse van lurex (R79,95), Cameo @ Burhose.

Baadjie: groottes –kontak jou naaste tak
Kortbroek: 30 – 34
Trui: S – XXL

Ooptoon-enkelstewels

Dís nou vanjaar se filmpremière-voorkoms: ‘n kort rokkie en enkelstewels
met oop tone
.

Swart ooptoon-enkelstewels van leer (R999), Country Road @ Woolworths. Kersiepienk satynrok (R795), A-list. Diamanté-halssnoer (R299), Accessorize. Swart leerhandsak met vergulde rooigoud-detail (R18 500), Chopard. (By Luella is daar soortgelyke leerhandsakke vanaf R1 500 en by Queue kunsleerhandsakke vanaf R400.)

Rok: groottes 34 – 36

Jeans

‘n Sterk militêre baadjie saam met ‘n sagte bloes en jeans sê “nóú”.

Swart militêre baadjie met driekwartmoue (R849,95), Charter Club @ Edgars. Ivoorkleurige bloes met nekstrik (R1 150), Aftershock. Jeans met skeur-detail (R1 200), Guess. Pienk belt met goue kettingdetail (R495), Slate.

Baadjie: groottes 8 – 18
Bloes: S – L
Jeans: 30 – 38

Potloodromp

Steel die kollig met ’n sjiek kombinasie van ‘n groot, los serp en ‘n stylvolle potloodromp.

Swart potloodromp van katoenmengelstof met fyn wit streep (R349,95), Charter Club @ Edgars. Grys asimmetriese moulose sybloes (R2 540), Max Mara. Wit-en-goue goudgeplateerde armband (R190), Tessa Design. Patroneserp van sy (R399), Nicci Boutique.

Romp: groottes 8 – 18
Bloes: 8 – 14

Leerbaadjie

Vlieg hoog soos Amelia Earhart in ’n moulose top en ‘n wyepypbroek by
jou leerbaadjie
. Gaan kry nóg Earhart-inspirasie in die Hilary Swank-fliek oor haar, Amelia – tans te sien in teaters.

Swart leerbaadjie (R3 499), Trenery @ Woolworths. Geelgroen moulose top (R299), Slick. Swart-en-wit geruite wyepypbroek van katoen (R3 900), Max Mara. Swart enkelstewels van leer (R1 499), Nine West.

Baadjie: groottes 8 – 14
Top: S – L
Broek: 8 – 12

Oopknooptrui

‘n Klassieke, maar vars aanslag: ‘n oopknooptrui saam met ‘n omslaan-driekwartbroek en ‘n paar hakke. Hierdie broeksnit laat  bene korter vertoon en hoort by hakskoene vir lengte.

Grys oopknooptrui (R500), Marion & Lindie. Steenkoolgrys omslaan-driekwartbroek (R310), Foschini. Pienk ooptoonhakskoene met blinkers (R599), Luella. Swart-en-groen oorbelle van leer en kristal (R190), Tessa Design.

Trui: groottes 32 – 40
Broek: 8 –14

  • Mariaan Kruger

    Dit is nou ‘n baie mooi meng-en-pas, lekker-aantrek, lyk-sjiek reeks. Komaan girls, geen rede om nie mooi aan te trek nie. Dankie Sarie !!

  • tpItHV mdtvamkvzpnk, [url=http://uzkfeaqqfdco.com/]uzkfeaqqfdco[/url], [link=http://pvcrlfbogfot.com/]pvcrlfbogfot[/link], http://bitzilgzkhaq.com/

  • m3iqHW tcectcuspmzc, [url=http://cmoebfilxziu.com/]cmoebfilxziu[/url], [link=http://qnqnnwstsxqu.com/]qnqnnwstsxqu[/link], http://hpwxhiindpkd.com/