FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Modestories

Moderaad vir jóú lyf: Ouer as 60 en steeds modieus

Met ons nuwe reeks ‘Moderaad vir jóú lyf’ wil ons jou modevrae op ’n praktiese manier aanpak. Ons modespan sit gereed om jou vrae te beantwoord en probeer raad gee wat werk en moontlik is om toe te pas op jóú lyf.

In dié artikel bespreek hulle hoe vroue wat ouer as 60 is, soos Meryl Streep, kan aantrek om steeds modieus en stylvol te lyk – maar die raad is eintlik vir enigeen wat altyd stylvol wil lyk.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die 64-jarige Meryl Streep FOTO: Gallo Images / Getty Images

Ware skoonheid word beklemtoon eers wanneer jy ouer is.

- Anouk Aimée, Franse aktrise

Top-wenke

  • Hou jou klerekas eenvoudig – kies aardse kleure, swart en wit.
  • Dra kledingstukke met klein patrone. Wees versigtig om verskillende patrone te meng.
  • Moenie probeer om jonger aan te trek as wat jy is nie. Trek aan vir jóú ouderdom en lyf.
  • As jy die regte bou daarvoor het, dra noupassende broeke, soos Meryl Streep.
  • Elke vrou moet ’n swart snyersbroek in haar kas hê.
  • Kies broeke met rekbare materiaal om seker te maak jy is steeds gemaklik.
  • Jou rompe moet nie te hoog bo jou knie sit nie.

Rompe en rokke

Moenie skaam wees om been te wys nie, maar sorg dat jou soom nie te hoog sit nie. Spanbroeke en sykouse is ’n maklike manier om stylvol been te wys. Kies eerder ’n effekleurige spanbroek wat jou rok of romp se kleur komplementeer.

Wanneer die halslyn van jou rok of bostuk te laag is, kan jy ’n kamisool daaronder dra.

Mia Striped Dress en Radison Dress

Volromp en A-line Pencil Skirt

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Hemde

Die reël stywe broek, losser hemp en los broek, stywer hemp werk vir enige ouderdom. Wanneer jy ’n spanbroek dra, maak seker dat die hemp lank is en ’n groot gedeelte van jou boude bedek.

Colourblock Top With Triangles en Tunic With Trim In Blue

Sleeveless Shirt en Kaftan Tribal Print

 

Broeke

Broeke wat ongemaklik en te styf om jou heupe en boude span, moet eerder vermy word. En ja, jeans pas by enige vrou van enige ouderdom!

Printed Summer Pants en Tie-front Pants Black/White

 

Levi’s® High Rise Skinny Jeans en Sateen Pants

Truie, baadjies en jasse

’n Goeie kopie is ’n lospassende ligte trui wat jy somersaande kan aantrek, en weer in die winter oor ’n langmouhemp kan dra. Knooptruitjies werk net so goed. Kyk mooi na die gehalte van die trui sodat dit nie vinnig wolletjies maak nie.

Nog ’n belegging is ’n goeie snyersbaadjie – hiermee kan jy enige uitrusting ’n bietjie meer formeel laat lyk.

’n Langer jas of ’n militêre jas (trench coat) is ’n goeie belegging vir die koue maande. Kies jasse in neutrale kleure.

Watervaltrui Met Kontrasband en Chunky Knit Cardigan

 

Tunic Jacket en Spring Trench Coat

 Vir nog items wat by jou sal pas, KLIK HIER.

Skoene

Gemak is die eerste prioriteit wanneer dit by skoene kom! ’n Klassieke balletskoen in ’n neutrale kleur of swart sal jou nooit in die steek laat nie.

Jelly Sandals Neutral en Beaded Thong Sandals

Taankleurige balletstyl skoene en swart-en-wit balletstyl skoene van Foschini

Bykomstighede

Bykomstighede is die beste items om jou persoonlikheid uit te druk. Dis ook ideaal as jy met kleure wil speel. Dra byvoorbeeld ’n helderkleurige handsak saam met ’n monochroom uitrusting.

Wissel  klassieke pêrels af met bonkige juweliersware – speel met jou bykomstighede!

Handsakke

 

Striped Bag With Yellow Handles en Structured Handbag Mid Blue

 

 Vir nog items wat by jou sal pas, KLIK HIER.

Juweliersware

 

Multi-coloured Rope Necklace en Monochrome Elasticated Bracelet

Brille

’n Lees- en sonbril hoef nie net prakties te wees nie, maar kan ook tot jou styl bydra! Kies dik rame of helder kleure – moenie te konserwatief met jou keuse wees nie, maar moet ook nie té uitspattig wees nie – dis duur items om te vervang.

Lees meer oor watter soort sonbril by jou gesigvorm pas

Cat-eye Sunglasses In Red en Red Lips Sunglasses

 Vir nog items wat by jou sal pas, KLIK HIER.

 Het jy ’n modevraag? E-pos dit aan Yolandi.Buurman@sarie.com.