Waterfall Jacket

FOTO: Snyersbaadjie met waterval-effek (SARIE-aanlyn winkel)

Modestories

Moderaad: Snyersbaadjie vir die voller figuur – Wat is die regte lengte?

Met ons nuwe reeks ‘Moderaad vir jóú lyf’ wil ons jou modekwellings op ’n praktiese manier aanpak. Ons modespan sit gereed om julle vrae te beantwoord en sal probeer raad gee wat werk én moontlik is om toe te pas op jóú lyf.

In dié artikel bespreek hulle hoe jy die regte snyersbaadjie moet kies. Dié veelsydige item kan na byna enige geleentheid gedra word.

’n Snyersbaadjie is een van daardie stylvolle items in jou kas wat jy vinnig kan gryp vir byna enige geleentheid. Die geheim van dié klassieke stuk is dat dit jou figuur reg moet pas en jou lyf op die regte plekke sny.

Kyk uit hiervoor:

  • ’n Baadjie met ’n V-neklyn is verslankend.
  • As die baadjie smaller oor jou middel inkom en dan effens wyer oor die heupe gaan, gee dit jou ’n uurglas-figuur.
  • Die baadjie moet gemaklik pas sonder dat dit iewers trek of rek. Dit moet ook nie te los sit of te groot wees nie, want dít sal jou nog groter laat lyk.
  • Langer baadjies is meer vleiend vir langer vroue en korter baadjies vir korter vroue. Die baadjie moenie té lank wees nie, want die materiaal sal jou eie lengte verdoesel en jou laat korter lyk.

Tipe baadjies

Kort (cropped

Die baadjie eindig bo jou heupe.

Vermy wanneer jy kort is. Dit sny jou lyf in die middel en beklemtoon jou kort lengte.

Dra wanneer jy lank en slank is. Die styl kan baie stylvol lyk en jou lang bene komplementeer.

Gilmore Jacket

Gilmore Jacket

Gilmore Jacket

Heuplengte

Die snyersbaadjie eindig in die helfte van jou heup, of op die grootste deel van jou heup.

Vermy detail soos sakke of stiksels wat te groot en oorweldigend is.

Dra dié baadjie. Dit is vleiend vir byna alle figure en wanneer dit reg gesny is, beklemtoon dit jou uurglasfiguur. Veral appelfigure vind baat hierby.

Waterfall Jacket en Tailored Blazer (Mr. Price) 

Corporate Blazer In Black

Corporate Blazer In Black

Corporate Blazer In Black

Kêrel (boyfriend)

Hierdie snyersbaadjie eindig onder jou heupe of boude.

Vermy as jy ’n peer-figuur het, want dit beklemtoon die wydste deel van jou liggaam.

Dra dié baadjie as jy ’n groter bolyf het. Dit is ook vleiend vir byna alle figure en wanneer dit reg gesny is kan dit enige uitrusting opkikker. Hierdie snyersbaadjie is ideaal vir vroue met ’n voller figuur.

Donna Claire Blazer

Kêrel-snyersbaadjie van Donna Claire, R680 (verskaf)

WENK Omdat die meeste van ons figure nie dieselfde is as die winkelpoppe waarop die klere se mates gesny word nie, is dit soms moeilik om ’n baadjie te vind wat aan al die vereistes voldoen. Koop een wat die beste sit en laat dit verstel, of doen dit sommer self.

Vir enige modevrae wat jy het, e-pos Yolandi.Buurman@sarie.com.