SARIE se oud-kosredakteur Peter Veldsman oorlede: ‘Ons groet ’n kosreus’
Charismaties. Ikonies. Onderwyser. Skrywer van verskeie kookboeke. Restaurateur van formaat. SARIE se jarelange kosredakteur. ’n Man wat ’n groot passie vir fynkos gehad het en talle plaaslike en internasionale akkolades ingeoes het, het gegroet.