FOTO Instagram @mariasharapova
Modestories

10 modewenke vir lang vroue

Jy hoor dit gereeld: “Jy’t spinnekop-bene, jy kan enigiets dra!” Maar selfs lang vroue sukkel soms met die koop van klere. Die internet wemel van wenke vir kort vroue, maar wat van die hemelbesems onder ons? Die modespan het ’n paar goue wenke vir die langeres.

10 wenke vir ’n lang vrou:

#1 Pronk met jou lengte

Daar’s niks so mooi soos ’n vrou met selfvertroue nie! Wees trots op jou lengte, want party mense sal wat wil gee om só lank te wees.

 

#2 Koop basiese items wat jou pas

Koop ’n lang T-hemp, dis altyd ’n staatmaker in jou klerekas.

 

#3 Dra jou rompe in jou middel

Rompe wat in jou middel sit, skep die illusie dat jy nie so lank is nie.

 

#4 Pas altyd aan

Pas jou klere aan, want die kans is goed dat die items te kort gaan wees!

 

#5 Slaan jou broekspype om

Indien jou broek te kort is, slaan die pype eerder om sodat dit lyk asof dit “korter” móét wees.

 

#6 Sit ’n belt om jou middel

Dit laat jou uitrusting meer in proporsie lyk en laat jou lyf “korter” lyk.

 

#7 Dra hakskoene

Hakskoene laat jou voete kleiner lyk. Indien jy nie te lank wil wees nie, dra eerder ’n hakskoen met effens laer hakke.

 

#8 Maksi-rok

Knoop die soom van jou maksirok indien die lengte nie vir jou reg lyk nie. Dit gee ook ’n moderne gevoel aan jou uitrusting.

 

#9 Voeg ’n ekstra soom by

Indien jou broek wel te kort is, voeg ’n soom by of haal die soom uit.

 

#10 Wees kreatief

Trek trendy aan en dra die uitrusting met selfvertroue. Selfvertroue is altyd ’n wenner!

10  wenke om die lewe vir jou makliker te maak – ons deel môre nog ’n paar uit!