FOTO Instagram  @mariasharapova

FOTO Instagram @mariasharapova

Modestories

Modewenke vir lang vroue: Deel 2

Die modespan het reeds 10 wenke gedeel vir hemelbesems, maar ons het nóg ’n paar wenke wat jy kan gebruik.

#1 Jy mág patrone dra

Moeie dink jy moet patrone vermy omdat dit aandag sal lok nie. O nee, patrone is ’n wenner!

 

#2 Balans

Indien jy lank is en breër skouers het, dra iets wat jou skouers en onderlyf sal uitbalanseer, soos ’n peplumtop of volsirkelromp.

 

#3 Ken jou mates

Dit sal jou uitstappie winkels toe baie makliker maak.

 

#4 Modelle en mates

Neem in ag dat nie alle modelle lank is nie. Kyk eerder na die mates as jy aanlyn klere koop.

Spree , SARIE-aaanlynwinkel

Spree, SARIE-aanlynwinkel

 

#5 Driekwart-mou

Lang vroue sukkel soms met moulengtes. Die driekwart-mou is altyd ’n wenner. En as lang moue vir jou te kort is, kan jy dit omvou sodat dit lyk of dit eintlik driekwart moet wees.

 

#6 Vermy broeke wat laag op jou heup sit

Dit wys dalk net “meer” as wat dit moet.

 

#7 Laat maak jou klere

Soms is dit beter om jou eie klere te laat maak, want jy weet dit gaan beslis pas en sal nie te kort wees nie.

 

#8 Vermy die tuimeldroër

Tuimeldroërs hou daarvan om klere te krimp, en jy wat langer is kan dit rêrig nie bekostig nie!

Volg al die wenke en jy sal nie teleurgestel word nie!