FOTO Aubrey Jonsson

FOTO Aubrey Jonsson

Modestories

10 mode-wenke vir die voller figuur

Die tyd van vervelige plus-grootte modes is lankal verby. Met dié 10 wenke en SARIE-winkel se splinternuwe plus-grootte-klerereeks kan enige lyfvorm in styl gevier word!

Die grootste fout wat voller figuur-vroue maak, is om slegs klere te koop wat pas en nie te eksperimenteer met modieuse opsies nie.

Elke vrou se lyf verskil, daarom is daar geen goue reël nie. Pas soveel moontlik verskillende style aan en leer wat by jóú lyf werk. Vra ook raad by die winkel-assistente. Winkels soos Stuttafords kan baie keer ’n persoonlike stilis aan jou verskaf.

FOTO: Red Tydskrif

FOTO: Die televisie-kok Nigella Lawson weet hoe om haar kurwes op die beste manier ten toon te stel

SARIE.com bied jou 10 riglyne wat gevolg kan word.

Mode-riglyne vir ’n voller figuur

1) Donker kleure

Donker kleure laat jou skraler lyk, terwyl ligte kleure jou bates beklemtoon. Speel rond met donker én ligte kleure om ’n verslankende illusie te skep.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2) Volume

Frille en valle sorg vir volume, so vermy dít op enige area waar jy die aandag wil weghou. Hierteenoor laat die plooisel-detail (ruche) en rygplooitjies jou maerder lyk as dit op die regte plekke, soos oor jou maag, gebruik word.

FOTO: Red Tydskrif

Plooie-detail op die regte plekke gee definisie aan jou figuur.

Drapey wrap cardigan en Waterfall Jacket

3) Noupassende klere

Jou klere moet nie oorgroot en los aan jou sit nie, want dít skep ’n onvleiende vorm. Simplistiese, skoon lyne en gestruktureerde items verrig wondere vir ’n elegante, slanker voorkoms.

FOTO: Die aktrise Christina Hendriks (Mad Men), wat bekend is vir haar kurwes, lyk bekorend in ’n snyerspakke en gestuktureerde klere.

Linen Dress en Stretch Pants With Elasticated Waist

4) In die aanpashokkie

As iets goed lyk terwyl jy regop staan, beteken dit nie dat dit noodwendig gaan goed lyk as jy sit nie. Dink daaroor, hoeveel ure per dag sit jy?

Jou klere moet gemaklik wees en nie te styf span terwyl jy sit nie. Jou rok of romp se soom moet ook nie te hoog optrek nie.

5) Bykomstighede

Bykomstighede trek die aandag waar jý dit wil hê. ’n Mooi armband of ring plaas die klem op jou vroulike hande, ’n pragtige halssnoer trek die aandag na jou neklyn, ’n modieuse belt gee vir jou ’n uurglas-figuur.

6) Beleggings

Klere van goeie materiaal en wat goed afgewerk is, is ’n goeie belegging omdat dit lank hou én goed lyk.

7) Wees waaghalsig

Moenie wegskram van helder kleure en motiewe nie! As dit reg gedra word, kan dit baie maklik jou kurwes beklemtoon en die dele wegsteek wat jy nie wil wys nie.

Button-through Tunic en Mesh Maxi Dress

8) Strepe

Die ou reël dat horisontale strepe jou groter laat lyk, is nie waar nie. Selfs vertikale strepe wat verkeerd gedra word, kan jou groter laat lyk. Wat wel waar is, is dat die strepe nie jou grootste gedeeltes moet ‘sny’ nie. ’n Breë streep oor jou heupe gaan daardie area groter laat lyk.

FOTO: FLARE

FOTO: FLARE

Striped Swing Top en Striped Midi Dress

9) Groter bates

Die vroue met groter borste wil dit gewoonlik bedek met ’n hoë neklyn. Hierdie styl laat jou egter nóg groter lyk. Kies eerder V-neklyne wat jou bolyf verleng.  Assimetriese lyne en eenskouer-kledingstukke komplementeer ook jou figuur.

10) En die belangrikste …

Vier jou figuur en jou vrou-wees. Met ’n goeie skoot selfvertroue lyk enige uitrusting goed!

Met die hand uitgesoek – SARIE-winkel se splinternuwe plus-grootte klerereeks.