FOTO Instagram @Fendi

FOTO Instagram @Fendi

Modestories

MOET SIEN: Mooiste modevertoning in Rome

Die Italiaanse modehuis Fendi het baie gehad om gister te vier. Nie net was dit hul 90ste verjaardag nie, maar hulle het ook hul nuutste modereeks vertoon by die gerestoureerde Trevifontein in Rome, ’n projek wat hulle help finansier het.

Die reeks, wat Legendes en feëverhale genoem word, is op die Trevifontein gehou, waar bekende modelle soos Kendall Jenner en Bella Hadid op ’n deursigtige loopplank bo die water geloop het, wat die illusie geskep het dat hulle op water loop. Dit het ons asem weggeslaan, so mooi was dit! Hopelik slaan dit joune ook weg as jy sien hoe mooi dit was.

Absoluut asemrowend! Mens kan net droom om een van dié items te besit!

      – Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur