FOTO: Instagram @streetstylegallery

FOTO: Instagram @streetstylegallery

Modestories

Só mooi! ’n Modeparade in Havana se hoofstraat

Kuba weet nou van Chanel, en Havana gaan nooit weer dieselfde wees nie. Die modeontwerper Karl Lagerfeld het vandeesweek met styl, kleur en Latynse ritme die luukse-modehuis aan dié voorheen afgesonderde eiland bekend gestel. 

Die modevertoning in Havana was ’n eksotiese geleentheid. Bekendes soos die Kardashian-susters, die wêreld se hoogs betaalde model, Gisele Bündchen, en die 45-jarige model Stella Tennant sowel as aktrise Tilda Swinton het in kleurryke vintage-motors aangekom.

Bemba A photo posted by Khloé (@khloekardashian) on

Chanel se reeks is geïnspireer deur die kulturele rykdom van Kuba. Die modeparade is in ’n hoofstraat van Havana gehou en die modelle het van kenmerkende Chanel-tweeds, rompe met fraiings en ritse armbande tot swart Che Guevara-berets met blinkers gedra.

Die geleentheid was feestlik met vrolike Kubaanse musiek op die agtergrond. Volgens die modebloggers Sam en Cailli Beckerman was dit een van die beste Chanel-vertonings nóg.

Ons het nie geweet Lagerfeld (82) kan só lekker dans nie.

Kyk sy danspassies hier:

Nóg foto’s van Havana