sr0905modecoverrz
Modestories

‘n Jas vir jou reis

Die koue begin knyp . . . maar in ons stomende warm jasse sal selfs die treine nét vir jou wag!

Meltonwarm

Vir ’n snoesige wintervoorkoms is melton ’n wenner. Grys melton-jas (R599), Edgars. Pienk nekstrikbloes van sy (R2 560), Gerard Darrel. Steenkleurige potloodromp (R799), Polo.
Goudkleurige belt van kunsslangvel (R150), Ninon. Borsspelde (vanaf R95 elk), Lulu Belle. Swart diamantpatroon-kouse (R49,95), Falke. Pers stapelhakskoene van blinkleer (R699), Aldo.

Jas: groottes 8 – 18
Bloes: 32 – 40
Romp: 32

**Kyk na die drama agter die skerms

Mode-sessie Mei 2009

 

DRIEKWARTMOU

Perfekte afronding vir die laag-op-laag-voorkoms.

Groen reënjas van glanssatyn (R1 390), Jo Borkett. Oorbelle (R99), Accessorize. Wit kanthemp (R699), Slick.

Jas: groottes 30 – 38
Hemp: slegs grootte M

 

PERFEKTE AFRONDING

Reënjas en geruite stof – 2 moet-hê-
items in een. Hierdie jas is dié vuur-
warm winterkopie vir 2009.

Bruin jas van geruite stof (R650),
TRUWORTHS. Roomkleurige chiffon-
bloes met valle (R595), Hip Hop.
Bruin kouse (R39,95), Falke. Bruin
broek (R320), TRUWORTHS. Wynrooi
gepunte Oxford-skoene van sweedsleer
(R699), Luella. Steenkleurige hoed
(R150), Glitterati. Roomkleurige leer-
handskoene (R150), Glitterati.

Jas: groottes 30 – 42
Bloes: 32 – 42
Broek: 30 – 42

 

Rooi tref die oog Patroon

ROOI TREF DIE OOG

Ja, trek ál die aandag! Belê in ’n  sterk winterkleur soos rooi, eerder as die gewone swart.

Rooi melton-jas (R299,95), Ackermans. Skouerlose rok met bruin-en-steenkleurige patroon (R6 500), KLûK CGDT. Steenkleurige polonek-top (R89,95), Ackermans. Bruin kouse (R39,95), Falke. Bruin punthakskoene (R799), Aldo.

Jas: groottes 32 – 42
Rok: XS – XXL
Polonek-top: 32 – 42

PATROON

Kies patrone wat by jou persoonlikheid
pas – van Art Deco-inspirasie tot blom-
ontwerpe.

Room-en-swart patroonjas (R450),
Foschini. Pers viskose-nekstriktop
(R218), Ronald Sassoon. Swart rok
(R949), Mango. Pers kouse (R45),
Sheer Ladderless. Goue horlosie (R550),
Hallmark @ TRUWORTHS. Swart stewels
van kunsblinkkleer (R250), London Shoes.

Jas: groottes 8 – 16
Top: S – XL
Rok: S – L

Glanssatyn Oorknoop

GLANSSATYN

Perfek vir die aand by jou klassieke swart rok. Bedags lyk dit sjiek saam met ander teksture.

Grys jas van glanssatyn (R290), Mastik. Pers polonek-trui (R449,95), Mango. Oorbelle (R149), Accessorize. Bonkige ring (R199), Accessorize.

Jas: groottes S – L
Trui: S – L

 

OORKNOOP

Militêre inspirasie – oorknoop-detail
(double-breasted) en sterk lapelle –
word versag deur samespel van
teksture en patrone.

Roomkleurige melton-jas (R1 699,95),
Mango. Bruin handsak van kunsblinkleer
(R199,95), Shoe City. Geel-en-wit
katoenhemp met blompatroon (R650),
Carducci. Roomkleurige polonek-top van
viskose (R450), Marion and Lindie. Bruin
Oxford-skoene van sweedsleer en
krokodilvel (R699), Luella. Bruin broek
van visgraatstof (herringbone pattern)
met hoë middellyf (R239,95), Edgars. Karamelkleurige kunspels-hoed (R135),
Second Time Around.

Jas: groottes S – L
Hemp: 30 – 42
Broek: 8 – 18

 

Tweed

TWEED

Hou dit klassiek by ’n swart broek en
wit hemp, of speel ’n bietjie – kombineer
dit met ander teksture.

Grys A-lyn-jas van tweed (R1 790),
Jo Borkett. Wit popelien-hemp (R179,95), Kelso @ Edgars. Syserp met blompatroon (R120), Lulu Belle. Swart handsak van blink kuns-krokodilvel (R199,95), Shoe City. Swart noupypbroek van satyn (R1 100), Malvin.

Jas: groottes 30 – 38
Hemp: 6 – 16
Broek: 32 – 38