FOTO Instagram / @chrissyteigen

FOTO Instagram / @chrissyteigen

Modestories

’n Nuwe top, onder ’n minuut

Die deursigtige trend is gróót, maar het jy geweet jy kan vir jou ’n top van sykouse maak? Ja, wees op trend deur jou sykouse te omskep. Dit is rêrig so maklik soos 1…2…3…

Bekendes soos Khloé Kardashian, Chrissy Teigen, Kim Kardashian en Kylie Jenner is gaande oor deursigtig, maar gelukkig hoef ons nie duisende rande uit te gee om dié trend te volg nie!

A photo posted by Khloé (@khloekardashian) on

A photo posted by Kylie (@kyliejenner) on

Jy benodig

♥ Sykouse

ONTHOU: jy kan enige kleur, patroon, kant- en selfs visnet-kouse gebruik

♥ Skêr

Kyk hier hoe om vir jou ’n núwe top te maak:

Gaan haal jou sykouse en skêr en skep vir jou ’n nuwe top vir die naweek.