10613164_264636367064084_7737420153034671437_n
Modestories

’n Somer met Spitz

Spitz glo dat hierdie somer se kalender nie beperk moet word deur die aantal ure in ’n dag nie, met ’n verskeidenheid van modieuse somer reekse in voorraad sal skoen liefhebbers vir enige geleentheid gereed wees met Spitz se premium kwaliteit skoene – hulle sal vanaf een somer geleentheid na ‘n ander kan sweef met gemak en elegansie.

Spitz is trots op sy onwrikbare toewyding aan kwaliteit. Voortdurende hulde word gebring aan die vervroë era van ‘aandag aan detail’. Elke paar skoene in die Spitz somer versameling is gekies met ons kliënt se behoeftes in gedagte.

Hierdie seisoen se tema is vleiend maar prakties. Gewone plat skoene verander na ’n sportiewe voorkoms wat toelaat dat modebewustes hulle wen gees kan saamneem waar ookal hulle mag gaan. Eleganise word verpersoonlik met gepunte tone, ‘T-bar’ bande en ‘slingback’ hakke wat die enkel beklemtoon vir ‘n gesofistikeerde siloeët.

Stuart Wietzman lewer ’n stylvolle versameling skoene wat elegansie uitstraal. Nina Roche bied ’n Europese, gesofistikeerde, klassieke styl skoen wat aan die leefwyse van elke moderne vrou voldoen.

Kurt Geiger se reeks inspireer die teenworodigheid van die somer met ’n mengsel van kleur en aandag aan detail. Hy stel die gesofistikeerde man instaat om stylvol en gemaklik te lyk.

Die Carvela-versameling van eksklusiewe Italiaanse skoene, ontwerpers kleure en bykomstighede toonbeeld handgemaakte perfeksie. Die Carvela Sandton winkel is heeltemal herontwerp om hierdie nuwe reeks te huisves. Die Italiaans-geinspireerde en kontemporêre ontwerp weerspieël Carvela se eksklusiewe styl, wat dit een van Suid-Afrika se mees gesogte inkopie bestemmings maak.

Spitz

As een van die mees ikoniese handelsmerke in Suid-Afrika, lewer Carvela ’n aantreklike verskeidenheid van kleur, materiaal, leer, drukwerk en voorsien terselfdertyd ’n gemaklike skoen wat met dieselfde passie en toewyding gemaak is soos in 1968. Hierdie seisoen reik Carvela moccasin ’n beperkte uitgawe moccasin uit, gemaak van glansende materiaal wat in die lig in menigte kleure verander en ’n blywende indruk los. Hierdie beperkte uitgawe moccasins is perfekte skoene vir diegene wat wil uitstaan, met elke paar genommer om eksklusiwiteit aan te dui.

Die Carvela ‘sneaker’ se sole smelt byna moeiteloos saam met die res van die skoen in, wat van die beste leer gemaak is met styl in gedagte.

Met ’n jarelange simbool van styl, elegansie en sukses, lewer Lacoste ’n oorspronklike reeks vir diegene wat die lewe met passie aanpak. As ’n hoogtepunt van die stedelike personifikasies en sport-geinspireerde tendense lewer Lacoste ’n nuwerwetse opsie vir diegene wat geinspireer is deur tydlose ikone.

SDM en Saffron Brown bied skoene wat voorsiening maak vir diegene wat gemak waardeer, maar wat nie bereid is om styl en kwaliteit te verruil nie. Die skoene kan vir beide formele en informele geleenthede in die week of oor naweke gedra word.

Spitz

Tosoni bied Suid-Afrikaanse mans en vrouens modieuse skoene en bykomstighede aan, wat fokus op gehalte materiaal en afwerkings. Die Tosoni dames somer skoene voldoen aan al die nuutste tendense; dit wissel van metaal blokhakke en ‘flatforms’, tot ballet skoentjies en gladiator-styl sandale.

Die Tosoni mans Lente/Somer 2014 reeks sluit ”two-tone” stewels, gemak skoene (loafers) en leer sandale vir alle geleenthede in.

Laaste maar nie die minste nie, lewer J. Reneé elegante en gekoördineerde kombinasies aan Spitz met die somer skoene en handsak opsies wat beskikbaar is in ’n verskeidenheid van die somer se mode.

Volg ons op Facebook