Modestories

’n Voller figuur? Patrone werk vir jou!

Bridesmaids-ster Melissa McCarthy se voller figuur is dikwels in die kollig en lok veral kommentaar onder vroue uit.’

Sy en Rebel Wilson, nóg ‘n ster met ‘n voller figuur, het glo in Desember 2013 aan mekaar belowe dat hulle nooit gewig sal verloor nie, maar eerder sal staan vir “regte” vroue en “regte” lywe. Melissa het wel die afgelope jaar weens gesondheidsredes gewig verloor .

FOTO’S: Melissa McCarthy wys haar skraler lyf

My #JonStewart dress….see it tonight on @TheDailyShow 11p on Comedy Central. #SpyMovie Press Tour

A photo posted by Melissa McCarthy (@melissamccarthy) on

Al is Melissa skraler, is sy steeds trots op haar kurwes en het selfs in 2015 haar eie klerereeks bekend gestel.

Melissa McCarthy se klerereeks is vir ALLE vroue

 

I’m about to go live on @hsn! #mccarthyonhsn

 

A photo posted by Melissa McCarthy (@melissamccarthy) on

Vandag is Melissa ‘n styl-ikoon vir die voller figuur. Haar styl is ‘n weerspieëling van haar prettige en vrolike persoonlikheid.

SARIE se modespan, Amaria Carstens & Magdel Muller, gee 5 wenke vir patrone vir die voller figuur:

*Die proporsie van die patroon is baie belangrik: ‘n Groter patroon pas beter by die voller figuur. Kies ‘n kleiner een vir die petite figuur.

*’n Patroon met ‘n donker agtergrond is perfek vir die winterseisoen, en ‘n ligter agtergrond is ideaal vir die somer.

*As jy groot patrone dra, hou jou bykomstighede minimaal en klassiek sodat die fokus op die patroon is.

*Hou by een patroon in ‘n eenvoudig snit.

*Kies ‘n snit wat by jou liggaam pas en wat eenvoudig is, die patroon sal die praatwerk doen.

Koop hier patrone

Oorvourok

Oorvourok , Edit Plus, aanlyn te koop by die SARIE-winkel by spree.co.za/sarie

Perdjiepatroon-bloes (R349)

Bloes , H&M

Blompatroon-rok (R169,99)

Rok , MRP.com / Mr Price

Kaftan-rok (R179,99)

Kaftan-rok , MRP.com / Mr Price

Noupassende romp (R99)

Romp , MRP.com / Mr Price

Polkakol-bloes (R420)

Bloes , Zeta by TRUWORTHS

Blompatroon-slooprok (R139,99)

Slooprok , MRP.com / Mr Price

Potloodromp (R79,99)

Romp , MRP.com / Mr Price