Modestories

Nagel verskuif grense met nuutste klerereeks

Suid- Afrikaanse kunstenaar, Marcus Erasmus, dien as inspirasie vir Tiaan Nagel se nuutste klerereeks soos Nagel eenvoudige kleurpalette gebruik om gesofistikeerde klere te skep. Nagel gebruik ook Japanese ontwerpe soos dié van die kimono en yuka as inspirasie vir die volume en moderne vakmanskap wat nou te sien is in sy reeks.

Daar word gespeel met fyn materiale en nuwe proporsies, terwyl patrone in nuwe maniere gesny word om te sorg vir subtiele verassings binne die uitrustings.

Nadat Nagel se reeks bekend gestel is by SA Modeweek, bestaan daar geen twyfel dat sy estetika lê in minimalisme en innovasie nie. Nagel het saam met die bekroonde fotograaf, Ross Garrett, en die model, Esmarie Mouton, aan die modeveldtog gewerk. Jy kan hier na die fotos gaan kyk.