FOTO Instagram / @entertainmentonight

Modestories

Natalie Portman se rok kos net R1 000

Die Oscar-wenner Natalie Portman het nie net styl nie, maar ook ’n oog vir ’n winskopie. Sy het die afgelope week ’n swart nommertjie van Topshop se kraamdrag-afdeling gedra wat slegs $75 (sowat R1 007) gekos het. Aitsa!

Ja, vir die meeste van ons is R1 000 ’n stewige bedrag. Maar in Hollywood kan ’n rok op die rooi tapyt enigiets van R50 000 tot R100 000 kos.

Die geleentheid was ’n spesiale middagete vir al die Oscar-benoemdes. Sy lyk beslis stylvol! Wys net styl hoef nie ’n fortuin te kos nie.

Bron: Refinery 29

Lees nou

Taylor Swift se eks praat uiteindelik

Dakota Johnson se styl-evolusie

Kate Middleton nou ’n koffiewinkel