FOTO Twitter @josemorgado

FOTO Twitter @josemorgado

Modestories

Almal praat oor Wimbledon se opwiprokkie

Tennisspelers wip hulle vir Wimbledon se opwiprokkie. Nie almal is ewe gelukkig met Nike se amptelike kleredrag vir vrouespelers by vanjaar se Wimbledon-tennistoernooi nie.

Tennissterre wat deur Nike geborg word, is vir vanjaar se toernooi ’n los, kort rokkie gegee. Dit voldoen aan die Wimbledon-vereiste dat dit wit moet wees, maar die snit is nie ideaal vir mededingende tennis nie, skryf die Daily Mail.

Rebecca Peterson van Swede het byvoorbeeld ’n langmouhemp oor die rok gedra om te keer dat dit in alle rigtings vlieg. “Toe ek afslaan, het dit opgewip en dit het gevoel of die rok oral is,” het sy ná die tyd gesê.

Katie Boulter het weer haar kopband om haar middel gebind as ’n belt en Lucie Hradecka het ’n spanbroek onder die rok gedra.

Nike het met die bekendstelling van die nuwe rok gesê die NikeCourt Premier Slam Dress beweeg weg van die tweestuk wat die laaste paar jaar tydens toernooie gedra is. Die probleem met die rok is dat dit vormloos is met ekstra materiaal. Dit lyk soos die “babydoll”-styl wat in 1942 deur die New Yorker Sylvia Pedlar ontwerp is omdat daar ’n materiaal-tekort tydens die oorlog was. Vandag sien ons dié ontwerp meer in onderklere en slaapklere, volgens die New York Times

Nike het reeds van die rokke aangepas met ekstra some en vir die atlete die opsie gegee om in die meer tradisionele tweestuk te speel.

Ander spelers soos die Griekse Maria Sakkari het gesê sy verstaan nie waaroor die bohaai oor die rok gaan nie, en Kanade se Eugenie Bouchard sê dit is een van haar gunsteling-tennisuitrustings.

Serena Williams wat ook deur Nike geborg word, kry haar eie uitrustings en dra nie dié spesifieke ontwerp nie, maar het ook ’n eenstuk vir Wimbledon.

 

Kinda in love with my wimbledon dress @nikecourt #audemarspiguet #nikecourt

 

A photo posted by Serena Williams (@serenawilliams) on

Lees nou

J is vir jas. Kies ’n stylvolle een vir winter

Tennisster Andy Murray word pa

GERUG: Serena Williams is verloof