Eifel-toring in Parys. FOTO @serega.babich_instagram

Eifel-toring in Parys. FOTO @serega.babich_instagram

Modestories

Nog ’n Paryse modehuis werk saam met H&M

Die afgelope twaalf jaar reeds bekoor H&M hul kliënte een keer ’n jaar met ’n reeks wat in samewerking met ’n bekende modehuis ontwerp is.

Van die groot name wat al saam met hulle gewerk het, is:
• Karl Lagerfeld
• Stella McCartney
• Viktor & Rolf
• Roberto Cavalli
• Comme Des Garçons
• Matthew Williamson
• Jimmy Choo
• Lanvin
• Sonia Rykiel
• Versace
• Marni
• Isabel Marant
• Alexander Wang

Verlede jaar was dit die Kardashians se gunsteling-modehuis, Balmain.

Daar is pas aangekondig dat H&M vanjaar saam met die Paryse modehuis Kenzo sal werk.

Ek is kinderlik opgewonde hieroor, aangesien ek ’n gróót aanhanger is.

Kenzo se Kreatiewe Direkteure Carol Lim en Humberto Leon saam met H&M se Kreatiewe adviseur en Hoof van ontwerp, Ann-Sofie Johansson in die middel. Foto: verskaf deur H&M

Kenzo se Kreatiewe Direkteure Carol Lim en Humberto Leon saam met H&M se Kreatiewe adviseur en Hoof van ontwerp, Ann-Sofie Johansson in die middel. FOTO verskaf deur H&M

Vandat die kreatiewe direkteure Carol Lim & Humberto Leon in 2011 by Kenzo aangesluit het, is sterk en helder kleure ruim deel van die reekse. Globale invloede en tradisies is opnuut vermeng om saam te smelt met die energie van die straat.

Die video gee ons ’n voorsmakie van wat ons dalk van die Kenzo x H&M-reeks kan verwag:

Kenzo x H&M sal vanaf 3 November 2016 in sowat 250 uitsoektakke wêreldwyd beskikbaar wees. Dit sluit in H&M in die V&A Waterfront en die een in Sandton City.