Screen Shot 2015-10-07 at 11.39.05 PM
Modestories

Nuuskierigheid lê agter nuwe horlosiereeks

Alle kreatiwiteit, elke tikkie verbeelding, elke idee wat al uitgedink is, begin by een klein kriewel: Nuuskierigheid. #CallingAllCurious is die strydkreet vir ons geesgenote.

Kom ontmoet ons Herfsfamilie!

Elke seisoen werk ons met die ideale medewerkers wat betref styl en nuuskierigheid. Hierdie seisoen is ons familie so ’n eklektiese en prettige groep dat ons seker is julle sal onmiddellik vriende raak. Van skilders tot bloggers, sjefs tot redakteurs, ons span het dit alles. Ons stel julle graag bekend aan Madelynn Furlong van Wide Eyed Legless, Oroma Elewa van Pop’Africana, sjef Ari Taymor van Alma in L.A., William Logan, ’n kunstenaar uit Brooklyn, en Kris Moran.

Screen Shot 2015-10-07 at 11.38.32 PM

William Logan

Ons Herfsfamilielid William Logan is ’n kunstenaar van Brooklyn, New York, en enig in sy soort. Tot by die voëlnes wat hy een eksperimentele dag in sy baard ingeweef het, is William se wêreld uiters nuuskierig en baie kleurvol.

Screen Shot 2015-10-07 at 11.43.59 PM

Sy belangstelling in kleur is nie ’n gebrek daaraan nie; dis eerder ’n belangstelling in die grootsheid en moontlikhede van grys. Moet dit nie chromofobie noem nie (ons het besluit op unichromis). William is ook bekend as ’n rekwisietemeester, veral vir die Oscar-benoemde film Beasts of the Southern Wild.

Oroma Elewa

Ons Herfsfamilielid Oroma Elewa verpersoonlik wat dit beteken om kultuurnuuskierig te wees. Oroma is die stigter van die kulturele beweging en leefstylhandelsmerk Pop’Africana en die geleentheidsreeks A BrUNCH of Girls. Sy streef daarna om ’n omgewing te skep waar vroue betekenisvolle gesprekke kan hê en mekaar kan inspireer. Haar reeks, A BrUNCH of Girls, verbind vroue van aangesig tot aangesig en daag hulle uit om betrokke te raak by sake wat alle vroue wêreldwyd beïnvloed.

Screen Shot 2015-10-07 at 11.45.59 PM

Oboma se byvoeging van haar eie gunsteling-stukke smelt perfek saam met ons Herfsstukke. Dis ’n perfekte kombinasie, net soos Oroma en Fossil.

Madelynn Furlong

Ontmoet vir Madelynn Furlong, kunsredakteur bedags, stylkenner snags. Ons is mal oor haar kunstige en baie persoonlike benadering tot mode.

Screen Shot 2015-10-07 at 11.47.38 PM

Jy het dalk al haar ongelooflike blog, Wide Eyed Leggless, raakgelees. Sy gee vir lesers die perfekte kombinasie van eenvoud en eklektiese styl.

Madelynn het ’n liefdesverhouding met pienk en ons moet sê dat haar keuses die mooiste kombinasie van almal is.

Ari Taymor

Ontmoet vir Ari, ons laaste Herfsfamilielid. Ari Taymor, die sjef en mede-eienaar van Alma (die LA-eetplek wat die koskringe aan die gons het), is vasbeslote om geregte met gevoel te skep.

Untitled

Of dit liefde, nostalgie of ’n skielike herinnering is, hy het die vermoë om ongelooflike meesterstukke te skep met bekende tot obskure bestanddele. Hy soek nie na kreatiwiteit nie, sê Ari, hy wag eerder geduldig vir ’n idee om in sy kop te kom. Hy put inspirasie uit dag-tot-dag aktiwiteite en meen dit gaan daaroor om ’n oop gemoed te hê en aandag te skenk aan alles.

Ari het ’n paar van sy gunsteling-bestanddele ingesluit by sy Fossil-keuses en ons moet saamstem dat sy keuses perfek is vir enige sjef. ’n Handige joernaal om geheime bestanddele in te stoor, en ons klassieke Grant Watch om altyd op hoogte van die tyd te wees.

Fossil se geskiedenis …

Jy ken ons vir baie dinge uit die verlede. Ons was nog altyd baie kreatief, kleurryk en geïnspireer deur die klassieke – dink robotte, vuurpyle, klassieke telefone of karre.

Ons handelsmerk is in 1984 gestig, maar ons het nog altyd ’n groot deel van ons inspirasie geput uit 1954. Amerika in die 50’s was ’n tyd van optimisme, waar enigiets moontlik was. Ons praat hier van “THE AMERICAN SPIRIT”.

In 1989 het ons besluit om ons nuuskierigheid los te laat, om anders te wees as ons mededingers, en begin om ons horlosies in blikhouertjies te verkoop. Vandag is dié houertjies ’n groot deel van die Fossil-handelsmerk en ’n manier om ons kreatiwiteit en liefde vir ontwerp uit te druk.

Van 2000 tot 2013 was ons boodskap Modern Vintage, met verskillende slagspreuke soos What vintage are you? of Long live vintage! In 2014 begin ons die “On the open road”-veldtog. Ons was mal oor hoe die swart-en-wit beelde die handelsmerk laat uitstaan het. Maar ons het begin voel dat dit ons nie in staat stel om te wys wie ons regtig is nie – die vreeslose, wilde, groothartige, visioenêre, grootoog- kreatiewe handelsmerk wat met nuuskierigheid ’n verskil in die wêreld maak. Dis waarom ons in 2015 ons nuwe kommunikasieplatform, Calling all Curious, begin het.

 

Ons belofte is om die mees outentieke, klassiek-geïnspireerde, kreatiewe, pragtige dinge te skep vir interessante mense (met uiters goeie smaak) wat ons familie noem.

Screen Shot 2015-10-07 at 11.52.49 PM