Nuwe lyf, nuwe Bertha - ons trek haar aan

Deur Fanie Cronjé, SARIE - September 2009

Nuwe lyf, nuwe Bertha - ons trek haar aan Foto’s: Clinton Lubbe Galery

Sy’t al ’n volle 18 kg verloor. Fanie Cronjé, SARIE se sosiale en stylredakteur, het Bertha le Roux, oftewel Emma van 7de Laan, gehelp om klere vir haar nuwe lyf te kies. Raad wat ook jý kan gebruik.

Bertha se klerestyl is boheems, met ’n paar klassieke stukke tussenin, vertel sy geselserig by ons fotosessie.

“Ek sal sommer ’n paar stringe krale om my arm draai, en ek dra nog altyd ’n leerbaadjie van my ouma. Ek het tot ’n swart poncho in my kas! Ek hou daarvan om klere laag op laag te dra.
“Nou die dag het ek vir my ’n moulose potloodromp-rok gekoop. Ek wys deesdae ’n bietjie meer lyf en dra rokke of rompe wat bo die knie sit. As ek kouse daarby dra, is dit selfs nog korter!”

Dieselfde klere wat vir haar mooi was voor sy gewig verloor het, is steeds vir haar mooi. Maar die verskil is: As sy slim is, kan sy nou álles dra. Met styl!         

DIE KLEIN SWART NOMMERTJIE

Fanie sê: Dis die mees klassieke van alle klassieke aanddrag. Swart is altyd vleiend en ’n oorvou-styl met ‘n mooi halslyn, soos hierdie rok, laat álmal goed lyk – selfs al is jy ‘n bietjie oorgewig. Die manier waarop die rok oor jou maag vou, is ideaal om vele sondes weg te steek, of om te wys jy het nou ‘n nuwe, slanke figuur! Die lengte is veral belangrik. Jy weet of jou bene mooi is en jy met hulle kan spog. Indien nie, dra ’n langer rok. Onthou ook die goue reël by aandklere: Dis die een of die ander. As jy cleavage wys, moet jou rok lank wees. As jy been wys, hou jou hals liewer toe. Wys jy albei, lyk dit asof jy té hard probeer.

Bertha sê: Ek’s mal oor die net onderaan die rok. Ek het ’n soortgelyke romp met paisley-bane. Ek sal hierdie rok met krale, ’n blom op my skouer of bloedrooi skoene dra, selfs ’n langmou-toppie onderaan op koeler dae.

Rok: Amanda Laird Cherry by The Space.
Skoene: Prada by Spitz 
Oorbelle: Lulu Belle

STEWELS EN 'N TRENCH

Stewels en &aposn trench

Fanie sê: Dié rok is interessant én speels, en die stewels is hier om te bly. As jou onderbene nie jou beste bate is nie, steek hulle jou enkels en kuite stylvol weg. Stewels lyk ook goed saam met jou denim-jeans of saam met ‘n romp en kouse. Die trench coat was dié winter se groot moet-hê, en vir somer in ‘n ligter soort materiaal is dit net so veelsydig. Koop een, dit sal vir lank nog in die mode wees.

Bertha sê: Vóór ek gewig verloor het, het stewels dikwels te styf om my bene gepas. Nou kan ek hulle dra. Tóé sou ek ook nie hierdie vormlose rok gedra het nie, maar nou voel ek gemaklik daarin. Daar’s so ‘n tikkie misterie: omdat dit los hang, wonder mense hoe lyk jou lyf. Dís sexy.

Rok: Lunar
Trench coat
:Leigh Schubert by The Space
Stewels: Studio 8
Sykouse: Poetry
Krale: Paisleys

STAATMAKER-HEMP

Staatmaker-hemp

Fanie sê: Almal, man en vrou, maer en mollig, móét ’n wit hemp in hul kas hê. Dis klassiek en veelsydig. ’n Getailleerde hemp van goeie gehalte sal jou lyf vorm gee – veel meer as ‘n T-hemp of bloes van sagte materiaal wat aan jou kleef en elke bultjie wys. Want onthou, al het jy gewig verloor, is jou spiere nie noodwendig ferm nie.

Die hemp se natuurlike V-lyn is ook ideaal om jou nek langer en slanker te laat lyk. As jy soos Bertha selfbewus is oor voller heupe, is ‘n donkerkleurige langbroek die antwoord. Maak net seker dit het wye of uitklok-pype. Moet vir seker nie ’n broek koop wat nouer na onder loop, of vandag se skinny jeans nie. Los dít eerder vir die tieners en wilgerlatlywe.

Bertha sê: Hierdie uitrusting is perfek-gemaklik. Vir my moet ’n broek vir seker nie te bont wees nie. Ek sal hierdie voorkoms soms verander deur krale of armbande hierby te dra.

Hemp: Poetry
Broek: Lunar 

KORSET VIR KLEIN

Korset vir klein

Fanie sê: Enigiets wat die indruk van ’n korset skep, is ideaal om jou middel kleiner te laat lyk. ’n Klein middel was destyds een van Bertha se beste bates, maar toe sy gewig verloor het, het sy oral behalwe hier gewig verloor. Die ritssluiter en die snit van die rok is ontwerp om die middellyf vorm te gee. Die uitpof-rompgedeelte net onder die heupe laat die middel nog slanker lyk. Wyer bande oor smal skouers werk ook beter as dun bandjies, want dit laat skouers breër lyk.

Bertha sê:
Dis iets wat ek nooit van die rak af sou haal nie, omdat ek te bang is om dit te dra. Ek het gedink die pofgedeelte sal my heupe groter laat lyk. Maar tog is dit my gunsteling van al die uitrustings. Ek voel hot hierin!

Rok: Nicci Boutique
Halssnoer: Lulu Belle
Gordel: Lulu Belle

BIETJIE HEMP, BIETJIE ROK

Bietjie hemp, bietjie rok

Fanie sê: Alles aan dié hemprok is reg vir Bertha. Die materiaal, die kleur, en die soom sit op net die regte plek – die middel van haar bobeen, wat haar bene slanker laat lyk. Die materiaal is ook lekker koel vir somer. Enige sintetiese materiaal gaan jou net laat warm kry. Dra eerder linne of katoen.

Die kleur van jou bloes of hemp is belangrik, omdat dit só naby jou gesig is. Die verkeerde kleur gaan absoluut niks vir jou doen nie. Die turkoois bring die kleur van Bertha se oë uit en maak hulle ‘n bykomstigheid! Dis reg so, want Bertha is beeldskoon en haar gesig moet altyd die fokus bly.

Bertha sê: Dié hemprok is baie gesofistikeerd. Maar dis ook ‘n goeie, veelsydige kledingstuk om in jou kas te hê. Jy kan dit op die strand oor jou swembroek dra of opzoosh met Ndebele-krale.

Hemprok: Amanda Laird  Cherry by The Space 
Oorbelle: Lulu Belle

  • Hare Adelle Jung
  • Grimering Adelle Jung
  • Plek Morrells Manor House
  • In samewerking met Charis Labuschagne

Verwante artikels

  • Bertha se 10 dieetreëls vir élke dag

    Bertha se 10 dieetreëls vir élke dag

    SARIE - September 2009 | Kommentaar: 15

    Sy't al 'n volle 18 kg verloor! In die September-uitgawe het SARIE haar modewenke gegee vir haar nuwe lyf. Nou deel sy haar 10 eetreëls vir élke dag eksklusief met sarie.com-gebruikers

  • Wat is jou figuurvorm?

    Wat is jou figuurvorm?

    SARIE - Oktober 2008

    Hoe om jou heupe te verbloem, jou middel te vlei en breë skouers nouer te laat lyk. Plus ons kies die perfekte klerekas vir jóú.

Galery

  • Die klein swart nommertjie
  • Stewels en 'n trench
  • Staatmaker-hemp
  • Korset vir klein
  • Bietjie hemp, bietjie rok

Kommentaar

  • hi Bertha ek moet ook net sy jy lyk fantasties en na al die artikels oor al die gewig wat jy verloor het moet ek se jy het soveel mense wat ek ken geinspireer self vir my n vriending van my het nou al 17kg in 2 maande verloor en ek het self ook nou net begin met n dieet en begin ook vnaand saam met n personal trainer werk het so 20kg om te verloor. jy is n reuse inspirasie vir alle vrouens mag God ruiklik seen

    8ste Sep. 2010, 10:33
  • Berta, jy lyk baie goed en gesond. Jy is 'n Pragtige mens. En ek is dol oor jou rol in 7delaan. Ja, sal julle asb weer die deet plaas asb.

    4de Jun. 2010, 14:28
  • Bertha lyk ongelooflik. Kan julle asb net weer die dieet vir ons mismoediges plaas. Baie dankie

    16de Apr. 2010, 14:08
  • Love the new you. Enjoy !

    4de Feb. 2010, 14:42
  • Bertha, ek hoop jy kry die boodskap. Vir 15jaar was ek oorgewig. Ek het op dieselfde dieet gegaan as jy toe ek sien hoeveel gewig jy verloor het. Ek is nou al 7 maande op die dieet en het 30kg verloor. Nog net 13kg dan doen ek my re-feed. My cholestorol is ook nou normaal. Dankie Bertha.

    19de Des. 2009, 11:10
  • Jitte Bertha,jy's pragtig. My gebed is dat Vader jou en jou gesin sal seen.

    20ste Sep. 2009, 18:15
  • Bertha, Jou artikel het my laat besluit - tot hiertoe en nie verder nie. Ek het 10 jr gelede 30 kg verloor en weer alles opgetel. Ek het geweet ek kan weer. 4 maande later is ek reeds 20kg ligter en komplimente stroom daagliks in. My man is baie opgewonde - maar ek is in die wolke en voel fantasties! Dankie vir jou inspirasie!! Jy lyk "stunning"!

    20ste Sep. 2009, 16:27
  • Bertha, ek is Riana Theron, Kobus Theron se vrou, julle was bure in Florida Park, JY LYK PRAGTIG, jammer vir die hoofletters, maar ek het nie woorde vir hoe PRAGTIG jy lyk nie!!!

    19de Sep. 2009, 13:48
  • Bertha, ek wil net vir jou baie dankie se - jy was my inspurasie. Ek het 'n hele paar kilos afgeskud - mens voel net soveel beter as jy gewig verloor het. Wens ek kon persoonlik met jou praat. Jy lyk stunning!! baie dankie en sterkte vorentoe -dis glad nie maklik nie!!

    18de Sep. 2009, 08:54
  • Jy was nog altyd vir my n mooi vrou. Nou lyk jy net nog mooier en jonger.

    18de Sep. 2009, 08:23
  • Beautiful!! Jy's voorwaar 'n ster.

    16de Sep. 2009, 15:13
  • Berta, jy lyk stunning!! Deel asseblief jou eetprogram met ons wat nog sukkel.

    16de Sep. 2009, 11:48
  • BERTHA!!! JY WAS MY INSPIRASIE OM OP DIE DIEET TE GAAN EN EK HET NOU MAANDAG OP 9WEKE(14SEPT'09) AL 'N HELE 17KG VERLOOR EN HET NOG SO 9KG OM TE GAAN EN EK VOEL FANTASTIES. JY LYK NIE NET PRAGTIG VAN BUITE NIE MAAR JY IS NOG ALTYD PRAGTIG VAN BINNE.EK HET NOOIT GEDINK EK SAL MET MY ONDER AKTIEWE SKILDKLIER DIE GEWIG AFSKUD NIE MAAR TE DANKE AAN JOU HET EK EN SAL ALTYD DANKBAAR WEES. GROETE

    16de Sep. 2009, 11:09
  • Pragtig, voorbeeld vir ons almal. Welgedaan, wens ek was al daar.

    16de Sep. 2009, 10:09
  • Ek sal wat gee dat ek dit ook kan doen. Jy is 'n inspirasie vir die nasie... You go girl!!!!

    16de Sep. 2009, 08:43
  • Gun wonder Dawid van 7de Laan is die keer regtig verlief nie!!! Jy lyk absoluut fantasties

    16de Sep. 2009, 08:11
  • Sy lyk baie mooi en is regtig voorbeeld vir my om ook gewig te verloor!!!!! Wys net dat enige iemand dit kan bereik as jy jou kop daarop sit.

    16de Sep. 2009, 07:57
  • Jene, oe jy lyk soos 'n juweel. Niks aan jou het verander net 'n mooier en skraler jy het van iewers te voorskyn gekom. Jy lyk pragtig. Welgedaan. Al is jy skraler was jou innerlike "mooi" vir my nog altyd 'n plus punt.Jy het en was nog altyd vir my omring deur daai sagte vroulike geur wat jou saggies omvou!!! Wens ek kan so mooi soos jy lyk....

    15de Sep. 2009, 18:15
  • Jy was nog altyd stunning en lyk nou nog meer asemrowend. Well done it! Ek is net so bly vir jou part,nou kan die warderobe-afdeling jou dinamies begin aantrek...soos wat hulle nog altyd moes. Jy het hulle nou behoorlik gemotiveer, well done it!

    15de Sep. 2009, 15:32
  • Jy was nog altyd stunning en lyk nou nog meer asemrowend. Well done it! Ek is net so bly vir jou part,nou kan die warderobe-afdeling jou dinamies begin aantrek...soos wat hulle nog altyd moes. Jy het hulle nou behoorlik gemotiveer, well done it!

    15de Sep. 2009, 15:30
  • Dit wil gedoen word - as ek maar net geweet het hoe begin ek dadelik!!

    15de Sep. 2009, 15:26
  • Laaik jy hidi?

    15de Sep. 2009, 06:18
  • Geluk Bertha. Jy is pragtig. Trots op wat jy vermag het. Jy is 'n ster - letterlik en figuurlik.

    14de Sep. 2009, 21:35
  • Ek het nog altyd gesê, jy is mooi, nou is jy mooier as mooi.

    14de Sep. 2009, 15:16
  • Hoe het jy dit reg gekry? eks desperaat!!

    14de Sep. 2009, 14:45
  • Stunning Bertha jy is sowaar 'n inspirasie Girl !!!!!

    14de Sep. 2009, 14:27
  • Sy lyk pragtig maar onthou die hart is meer werd as die voorkoms. Hou so aan ek glo sy is gelukkig en dit is al wat tel.

    14de Sep. 2009, 13:42
  • Berta jy lyk PRAGTIG, HOU SO AAN!

    14de Sep. 2009, 13:13
  • Bertha het elke aand in 7de Laan net mooier en mooier geword en sy het gekrimp!!Dit was harde werk maar nou pluk sy die vrugte ek kan seker nie wag vir die Somer nie.Haar man is seker sò trots op haar.

    14de Sep. 2009, 13:02
  • Ek dink Bertha lyk pragtig en sy glinster !

    14de Sep. 2009, 12:57
  • sjoe, dit wil gedoen word. Deel asb die dieet met ons.

    14de Sep. 2009, 12:23
  • Hi daar Ek moet se Berta lyk baie goed Is dit moonlik om haar dieet te bekom Groete Erika

    14de Sep. 2009, 12:19
  • Jy lyk stunning. Die kleur van die hemprok pas jou goed. Stunning Girl!!!!!!!!!!!!

    14de Sep. 2009, 11:34
  • JY LYK PRAGTIG DEEL JOU DIEET MET O NS ASB

    14de Sep. 2009, 11:33
  • Mooi bly darem maar mooi!

    14de Sep. 2009, 10:26
  • Bertha al wat ek kan sê is Wow!!!

    14de Sep. 2009, 08:10
  • Uit 'n man ase oogpunt lyk dit sexy, klassiek en ambiseus! Kan julle nie asb weer die dieet van Bertha publiseer nie ASB!

    14de Sep. 2009, 07:13
  • Bertha jy is inderdaad nou hot! Jou hare is beautiful girl! Watter dieët het sy gevolg?

    13de Sep. 2009, 22:56
  • Jy lyk pragtig

    13de Sep. 2009, 22:37
  • Ongelooflik! Wel gedaan!

    13de Sep. 2009, 17:44
  • Bertha , jy lyk pragtig!! Hou dit nou so want wipplank ry mors met 'n mens se gesondheid.

    13de Sep. 2009, 16:27
  • WAT KAN EK SE....SY'S PRAGTIG!!!

    13de Sep. 2009, 14:50
  • Mooi Bertha jy lyk pragtig en stylvol.Wys jou dit kan gedoen word!

    13de Sep. 2009, 12:42
  • Nog altyd gedink dat sy een van ons land se mooiste vrouens is. Nou dink ek nie net so nie.....nou weet ek dit...!!! Wel gedaan, meisiekind...jy lyk asemrowend...!!!

    13de Sep. 2009, 12:02
  • PRAGTIG!!!!!

    12de Sep. 2009, 13:39
  • jy lyk gewoon pragtig ,voorbeeld vir baie???

    12de Sep. 2009, 08:22
  • Baie mooi Bertha. Daar is hoop vir baie wat dink hulle kan nie gewig verloor nie. Kom nou meisies, as ons kaalvoet oor die Drankensberge kon loop, is hierdie kinderspeletjies.

    12de Sep. 2009, 07:41
  • Oehoe sy is darem so `n pragtige vrou. Jo jo jo sy laat my Hartjie vinnig klop jong

    11de Sep. 2009, 19:09
  • EK DINK SY LYK ASEMROWEND, STUNNING VERBY

    11de Sep. 2009, 16:07

Web Development by FormFunction