Modestories

Onderklere word bo-klere

DEURSIGTIGE-BLOES

Vrouliker kry jy nie sommer nie – dra meer as een deursigtige item oormekaar, of ‘n kamisool daaronder.

Poeierblou bloes van sy-chiffon (R2 000), Elbeth Gillis. Onderrok stillis se eie.

Groottes:
Bloes: 32 – 38

PAJAMA-TOP

Mooi genoeg vir die nag én mooi genoeg vir die dag. Sjiek oor ‘n kamisool, of dra dit oor ‘n gedrukte T-hemp.

Poeierblou pajama-top (R345), Nucleus. Ligpienk top van viskose (R299), Poetry. Steenkleurige broek van katoenmengelstof (R340), TRUWORTHS. Armband (R180), Tessa Design.

Groottes:
Pajama-top: S-XL
Top: 6-18
Broek: 30-42

KORSET

Dié mode-item is terug, en as jy iemand die skuld wil gee is dit Lady Gaga. As dit jou te kaal laat voel, is ‘n snyersbaadjie of fyn gebreide oopknooptruitjie bo-oor perfek.

Poeierblou korset van katoenmegelstof (R699), Guess. Grys volromp (R190), Exact! Koraalpienk ooptoonhakskoene van kunsleer (R899), Aldo. Roduim-halssnoer (R180), Tessa Design.

Groottes:
Korset: XS – L
Romp: 8 – 20

KANT

Of die hele item van kant is, of slegs kant detail – jy kan nie verkeerd wees nie. Dit werk selfs saam denim.

Roomkleurige oopknooptrui van katoen met kant-insetsels (R199,95), Edgars. Pienk maksi-rok van maasstof (R1 995), Hip Hop. Onderrok stillis se eie. Steenkleurige sandale van kunsleer (R280), TRUWORTHS.

Groottes:
Rok: 34
Trui: 6 – 16

KORSET-ROK

Dié snit is noupassend bo met styllyne van ‘n bra. Kombineer dit met plat sandale en ‘n groot handsak vir ‘n informele voorkoms.

Poeierblou korset-rok van katoen (R550), Nicci Boutique. Pienk oopknooptrui (R399,95), Mango. Karamelkleurige sandale van suède (R599), Luella.

Groottes:
Rok: S – XL
Trui: S – M