161401069
Modestories

SARIE-mode se top 5-uitrustings by vanjaar se Baftas

Ons gunsteling vir die aand was Amy Adams met haarkantrok van Elie Saab Haute Couture. Die deursigtige, lang kantmoue en bo-stuk was klassiek, maar ook ’n bietjie gewaagd. (foto bo)

Hayley Atwell was kort op haar hakke met monochroom-rok (wit-en-swart) van Antonio Berardi. Die tekstuur van die rok, met sy interessante styllyne, het van hierdie rok ’n wenner gemaak!

Hayley Atwell in haar monokroom- skepping van Antonio Berardi

Sarah Jessica Parker het weggebreek van die norm en ’n Elie Saab-broekpak gedra in die groot kleur van die aand: swart. Sy het bewys dat ’n vrou glansryk op die rooi tapyt kan lyk in mans-geïnspireerde style.

Sarah Jessica Parker in haar Elie Saab broekpak

Nóg ’n monochroom-wenner was Juno Temple se wit rok met swart detail deur Britse ontwerper Stella McCartney. Temple se aand was beslis een om te onthou toe sy ook weggestap met die “Rising Star”- toekenning.

Juno Temple in 'n eenvoudige en klassieke rok van Stella McCartney

Die grand dame van die groot- en klein skerm, Helen Mirren, weet nou maar een maal hóé om ‘n glansgeleentheid háre te maak! (Al is dit nou met ‘n pienk bob…!) Sy het ongelooflik gelyk in ’n beige- kleurige rok van Nicholas Oakwell Couture. “Ek het gedink dit sou nogal pret wees om my hare pienk te kleur,” sê dié Hitchcock-ster. Wat dink jy daarvan?

Helen Mirren het gesorg vir 'n skok- moment op die rooi tapyt met haar nuwe pienk hare

  • Val Muller

    Ek is jammer Sarie ek stem nie saam nie, maar Amy Adams pragtig, Sarah-Jessica, eenvoudig, klassiek en Helen Mirren her pragtig gelyk, daar was vir my ‘n paar ander lieflike rokke ! Maar smaak verskil, ne ?

  • Suzette

    Helen Miren, beautiful en Sarah Parker, ek love die broek-voorkoms, ek self voel baie meer elegant in ‘n broek en netjiese top, hoop die broek-voorkoms sien ons baie meer love dit.

  • monica

    Was dit nie vir Helen Mirren se pienk hare nie ,was die look ‘n disaster!! Daai rok is sleg aanmekaar gesit,sowaar.