Ontmoet model en aktrise Charlbi Dean Kriek
Hou haar dop! Sy's beslis een van SARIE se inspireerders vir 2010.
Op 12 het die internasionale modewêreld al vir dié Kaapse model begin knipoog. Sy’s een van ons mees gesogte modelle oorsee en het al vir groot internasionale name soos Guess, Gucci en Ralph Lauren gewerk.
Leefwyse:
“My lewe is in die wolke. Op die oomblik beskou ek vliegtuie as my huis en ek lewe meestal uit my tas, maar ek sien wonderlike plekke.”
Terugslag:
“In Oktober 2008 is ek ernstig in ’n groot motorongeluk in Kaapstad beseer. Ek het drie of vier maande daarna weer begin werk. Alles gebeur om ’n rede. Ek kon baie kosbare tyd saam met my geliefdes deurbring.”
Persoonlikheid:
“Ek’s ’n skaam, teruggetrokke mens en dink meer as wat ek praat. Ek dagdroom 90% van die tyd.”
Hoe hou jy jou voete op die grond?
“Toemaar, die modebedryf doen dit sommer vír jou.”
Toekomsplanne:
“Om in Franse kunsflieks te speel. Ek sal seker eers die taal moet leer praat!”
Verwante artikels
-
Charlize Theron praat eksklusief met sarie.com
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 7
Sooooo sexy, maar sy hou nie van dié etiket nie. En Charlize Theron se grootste swakheid? Kos! Sy dink die hele tyd daaraan. In dié lekker onderhoud verklap sy ook wat sy wil doen as Hollywood haar nie meer wil hê nie ...
-
Die aktrise Vanessa Haywood oor District 9
SARIE - Desember 2009
-
Orkaan Christina
SARIE - Mei 2008
Sy leef nie volgens reëls nie en het al baie dinge beproef. Tog is die rebelse Christina Storm (deesdae Bienkie in Egoli) ’n toegewyde ma wat nog glo aan feetjies en wense wat waar word.
-
Raai watter Binnelanders-akteur hou sy lyf model by 2010-Afrika-modeweek?
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Nou, ja! Wie sou kon raai...?
-
SA-modelle in die fliek, Spud
SARIE Maart 2010
Dis 'n mooi affêre hierdie - dis nou die vroulike rolverdeling vir die fliek van die topverkoper-roman deur John van de Ruit, Spud. Nuus24 berig dat drie plaaslike modelle die drie vroulike hoofrolle in die rolprent losgeslaan het: Charlbi Dean Kriek, Alex McGregor en Tanit Phoenix.
-
Spud maak sy buiging op Facebook
SARIE - Maart 2009
Kuier nou saam met Spud op Facebook!
















Kommentaar