Espadril. FOTO Instagram / @espadrilspain

Espadril. FOTO Instagram / @espadrilspain

Modestories

Ontwerp jou eie skoene en kry dit in ’n japtrap

Bekendes, van Minki van der Westhuizen tot die Victoria’s Secret-model Alessandra Ambrosio, is gek na espadrille-skoene. En ons kan verstaan hoekom!

Sowat ʼn jaar gelede het twee entrepreneurs, die Suid-Afrikaner Rizqah Isaacs en Spanjaard Patricia Terre, hul eie espadrille-reeks, Espadril, begin.

Fray fray fray…. #espadril #summer #espadrilles

A photo posted by Espadril (@espadrilspain) on

Die skoene is beskikbaar in ʼn groot verskeidenheid materiale en drie soorte sole: ʼn dik sool, ʼn tradisionele sool en ʼn dubbele platform. Die Espadril-span maak die meesterstukke met die hand op die tradisionele manier.

 

The artists… #thankyou #sisters #espadrilles

 

A photo posted by Espadril (@espadrilspain) on

Espadril se skoene kan aanlyn gekoop word by Superbalist of by Espadril self. By hul winkel in die hartjie van Kaapstad, by Breëstraat 100, kan jy selfs jou eie paar ontwerp (dis die enigste plek waar kopers dit kan doen). En die beste van als is dat jy dit nog dieselfde dag kan kry. Dit neem hulle ’n uur om die skoen met die hand te maak. Ontwerp en bestel dit en ná ’n lekker middagete of ’n koppie koffie kan jy jou nuwe paar skoene gaan haal.

Mode-intern: Lezaan Nel