sr1008mode01
Modestories

Op jou baadjie takseer

BLINKERS

Baadjies met blinkers kom al van 1937 af, maar dis veral gewild gemaak deur ikone soos Michael Jackson. Dis ook danksy hom dat almal nou ‘n militêre baadjie wil dra. 

Swart baadjie met blinkers (R899), Sissy Boy. Swart-en-wit viskose-top met Bretonstrepe (R499), Sissy Boy. Geskeurde noupyp-jeans (R310), Foschini. Swart platformhakskoene van suède (R1 199), Nine West. Vergulde horlosie (R1 048,25), Pierre Cardin @ S Bacher & Co.

Groottes
Baadjie: 26 – 38
Top: 26 – 38
Jeans: 6 – 18

Wenk

Skuif jou baadjiemoue op – dis nou mode.

 

 

Mode-sessie: Augustus 2010

 

DENIM

Denim is sedert 1825 met ons. Levi Strauss het hierdie sterk katoen eers gebruik om werkersklere te maak. Vandag is dit ’n moet in elke klerekas.

Denimbaadjie met ritssluiter (R380), Foschini.
Lang wit top met perdmotief van blinkers (R499),
Sissy Boy. Swart katoenbroek met omgevoude
soom (R1 695), Rosenwerth. Grys platformhakke
van leer met klinknaels (R899), Luella. Steenkoolgrys palmhandsak van kunsleer met klinknaels (R1 999), Guess.

Groottes
Baadjie: 6 – 18
Top: 26 – 38
Broek: 32 – 38

Wenk

Vermy hierdie snit as jy groot borste het. Dra eerder ’n baadjie wat ’n V-neklyn vorm wanneer dit toegemaak word.

TWEED


Lyk vernaam in ’n tweedbaadjie
soos ’n gentleman van ouds. Dit kan
ook informeel saam met jeans en ’n T-hemp
gedra word.

Swart baadjie van wol (R699), Nicci Boutique. Swart-en-wit potloodstreep-hemp van katoen (R599,95),
Mango. Swart tulpstyl romp van viskose (R1 495), Rosenwerth. Room-en-swart polkakol-serp van sy (R250), Wild Orchid. Swart diamantpatroonkouse (R70), Cameo.

Groottes
Baadjie S – XL
Hemp: S – L
Romp: 32 – 38

Wenk

Meng verskillende stukke met kol-en-streeppatrone vir ’n ietwat eksentrieke voorkoms.

 

SNYERSBAADJIE

 

Die klassieke snit wat die meeste
figure pas. Vir ’n moderne aanslag,kyk uit vir driekwartmou-baadjies of klinknael detail.

Franse-vloot-blou (French navy) baadjie met klinknaels op die kraag (R799), Wild Orchid. Wit hemp van katoen (R425), Danielle Hechter. Middernagblou romp met ritssluiter-detail (R399), Forever New. Metaal-ensirkoon-halssnoer (R149), Claire’s. Swart diamantpatroon-kouse (R70), Cameo. Swart hakskoene van leer met rekbande (R1 199), Aldo.

Groottes

Baadjie: S – M
Hemp: 32 – 42
Romp: 6 – 16

Wenk

Moderniseer jou bestaande snyersbaadjie deur die moue op te stoot vir daardie driekwartmougevoel.

 

KRAAGLOOS


Coco Chanel het die kraaglose baadjie in 1925 aan vroue bekend gestel met ’n bypassende broek of potloodromp.

Roomkleurige baadjie van tweed (prys op aanvraag), Forever New. Vlootblou rok met kolpatroon (R625), Danielle Hechter. Beige skouersak met skakelband (R349), Accessorize.

Groottes

Baadjie: 6 – 16
Rok: 32 – 42

Wenk

Dra hierdie baadjie bo-oor ’n top, bloes of rok wat ook nie ’n kraag het nie – behou só die fokus op ’n skoon neklyn.

 

  • RAGIE HENN

    Maxi rok vir my met :blazer: is my voorliefde omdat ek al 65 is voel ek altyd goed in baadjie.
    Probleem is ek kry nie maklik n lang baadjie nie .zara boutique het die mooooste badjies,maar te kort en bietjie klein. Bly naby Durban ,so hier in gateway-ZARA is net klein Lage

    dankie Sarie vir die web

    RAGIE HENN

    NS MY SEUN TROU 22SEP OGGEND TROUE>>>>>>WAT KAN EK DRA???DIE SKOONMA DRA HOED
    SO EK MOET OOK EEN DRA……WAS AL 3 KEER DURBAN TOE KRY NIKS,PROBEER NOU INTERNET

    HELP ASB