Kate Hudson FOTO: Gallo Images / Getty Images

Modestories

Oscar-mode: die grootste trends

Die Oscars gee jaarliks vir ons ’n goeie idee van wat ons vir die res van die jaar op die rooi tapyt (ook by die matriekafskeide) gaan sien. Dít is die groot trends vir aandrokke …

  • Ligte rokke

Die grootste trend by die Oscars was vir seker die see van ligte rokke. Cate Blanchett, Kate Hudson, Portia de Rossi, Calista Flockhart, Naomi Watts en selfs Angelina Jolie (swart is mos eintlik haar gunsteling-kleur) het almal die neutrale kleur gekies.

  • Vlootblou en ligpienk

Die ander groot kleure is vlootblou en ligpienk.

  • Swart

Swart bly ’n goeie kleur by enige rooitapyt-geleentheid, soos Charlize Theron en Emma Watson gewys het.

  • Die mou

Dit is baie interessant dat heelwat sterre besluit het om ’n rok met ’n mou te dra.

 

  • Die hoë neklyn

Baie van die Oscar-rokke het ook hoër neklyne gehad, veral in die ligte kleure soos gedra deur Angelina Jolie, Sarah Paulson, Naomi Watts, Sally Hawkins, Portia de Rossi en Calista Flockhart. Dit is asof die sterre al hoe minder vel wil wys!