Modestories

Só dra jy Ou Hollywood se glans nóú

Daar is net iets aan Ou Hollywood. Die glans, die sjiek – dink Audrey Hepburn, Marilyn Monroe, Ava Gardner. Ons praat nie van pelsjasse nie, maar eerder van satyn en sy. Niks sê Ou Hollywood soos glansstowwe nie. Vergeet dat blink net vir die aand is. Ons wys jou hoe om dié modetrend selfs in die dag te dra.

Dra dit só

Aktrise Rosie Huntington-Whiteley wys ons hoe om dit informeel saam met jeans te dra.

Die Victoria’s Secret-model Lily Aldridge is stylvol in satyn van kop tot toon. 

Goue wenke:

– Hou die res van jou uitrusting minimalisties en eenvoudig, laat die blink eerder die fokus van jou uitrusting wees.  

– As dit voel of jy te veel blink dra, soos ʼn satynrok, voeg ʼn alledaagse item soos ʼn denimbaadjie by.

– Dra die regte onderklere – naatlose onderklere is die beste opsie.

– Koop die regte grootte! ʼn Satynrok moenie aan jou lyf klou nie, maar dit moet ook nie te groot wees nie.  

– Vermy in die dag hoëhakskoene saam met jou satynrok. Dra eerder jou paar gunsteling- plat sandale of tekkies (sneakers) vir ’n informele sjiek styl.

Birthday Suit. #ootn A photo posted by Jen Andrews (@jenknowsbestblog) on

#streetstyle #instafashion #black #fashion #dress #style #streetfashion

A photo posted by I Love Street Style (@ilovestreetstyle) on

Vir ’n stylvolle naweekvoorkoms, dra ’n satynbaadjie saam met ’n T-hemp en kortbroek.

A photo posted by STYLE TRIBE (@_styletribe_) on

Dra ’n satynjas saam met jou gunsteling-jeans.

 

 

Kom blink die somer saam met ons uit in satyn of sy.

Hier is van ons gunsteling-items:

Sy-bloes

Bloes, Mango

Sy-bloes

Bloes, Mango

Rok

Rok, Mango

Langbroek

Langbroek, Mango

Kantrok

Kantrok, Mr Price

Satynrok

Satynrok

Satynrok, Woolworths, Witchery

Bloes

Bloes, H&M

Mode-intern: Lezaan Nel