Foto: Instagram @kendalljenner

Foto: Instagram @kendalljenner

Modestories

Perfekte bril vir jou gesigvorm!

Die dae van “skaam” wees vir jou bril is verby. ’n Bril maak definitief ’n stelling, maar om die regte bril te kry is soms ’n saak van gebed …

Die SARIE-modespan gee jou hierdie wenke, want die dae van die Bennie Boekwurm-voorkoms is lankal verby.

Grimeer só as jy ’n bril dra

Wenke vir elke gesigvorm

Vierkantige gesig

Jy het pragtige prominente wangbene en ’n breë voorkop wat ooreenstem met jou wangbene.

Celebs met dié gesigvorm: Olivia Wilde, Sandra Bullock en Gwyneth Paltrow

A photo posted by Olivia Wilde (@oliviawilde) on

Wenke

’n Ronde brilraam is altyd ’n wenner.

Kry ’n bril met ’n dunner raam.

Neutrale kleure is altyd ’n goeie opsie.

Bril-opsies 

Luxottica Vogue R1450

Luxottica : Vogue R1 450

 

Ronde gesig

Jou gesig is eweredig in lengte en in breedte.

Bekendes met dié gesigvorm: Kate Moss, Emma Stone en Mila Kunis

 

A photo posted by Kate Moss (@katem0ss) on

 

Wenke

Kry ’n bril met interessante versierings of afwerkings.

Die lens moet verkieslik breër wees (horisontaal) as wat dit hoog is, dus ’n reghoekige vorm.

Kry ’n brilraam wat nie op jou wange rus nie.

Bril-opsies 

PRADA Luxottica R2740

Luxottica: Prada R2 740

 

Hartvormige gesigvorm

Jou voorkop is breed en jy het ’n dun skerp ken. Jou wangbene is ook redelik hoog geplaas.

Bekendes met dié gesigvorm: Jennifer Aniston, Reese Witherspoon en Scarlett Johansson

Wenke

Kry ’n raam wat breër as jou voorkop is

Die bril se onderste deel moet dunner wees

Kies ligte kleure

Bril-opsies 

Prada Sunglasshut R2450

Luxottica: Prada R2 450

 

Ovaalvormige gesig

Jou ken is dunner as jou voorkop en jou wangbene is ook hoog geplaas.

Bekendes met dié gesigvorm: Jessica Alba, Cate Blanchett, Kendall Jenner en Taylor Swift

A photo posted by Jessica Alba (@jessicaalba) on

 

Wenke

Speel met interessante vorms. Die kat-oog is altyd ’n wenner.

Speel met kleure en teksture

Die vorm moet in proporsie wees met jou gesig se grootte. Moenie ‘n te groot raam kies nie.

Bril-opsies

Dolce &Gabbana R3280 - Sunglasshut

Luxottica: Dolce & Gabbana R3 280

 

Nog wenke

Kies ‘n bril met die teenoorgestelde vorm as jou gesigvorm. As jy dus ‘n ronde gesig het, kies liewer ‘n raam met ‘n meer reghoekige vorm.

Kies ‘n kleur wat jou gesig die beste komplementeer. Swart is altyd ‘n wenner en bring jou oë mooi uit. Jy hoef nie vas te haak by neutrale kleure nie, gaan vir jou oë se komplementêre kleur: blou oë se komplementêre kleur is oranje. Moenie net fokus op jou oogkleur nie, kyk ook na jou haar- en velkleur. Bruin hare lyk altyd mooi saam met skakerings van rooi en bottelgroen.

Laastens, maar beslis nie die minste nie, maak 100% seker dit is die raam wat jy wil hê. ‘n Bril is een van jou mode-items wat jy vir minstens ’n jaar gaan gebruik.

Besoek gerus Luxottica se webtuiste vir meer inligting oor die produkte.

Lees nou

Rok van 5000 jaar gevind

Dié modebekendes wil net nie aftree nie