FOTO Instagram @balmain

FOTO Instagram @balmain

Modestories

Purrrfek, die kat is in die mode …

Luiperdvel-motief was eens die “rebelse” patroon, maar nou is dit stylvol en tydloos – en elke vrou se geheime “wapen”.  Die luiperdpatroon kan enige uitrusting in ’n japtrap opkikker en tel deesdae onder ons klassieke items. Wie besit nou nie ’n item in luiperdpatroon nie?

Die luiperdpatroon is deesdae oral kaatjie van die baan: op die modeloopplanke en op straat, bekendes dra dit by rooitapytgeleenthede of elders. Êrens maak dit altyd ’n verskyning.

Die Suid-Afrikaanse modeontwerper Marianne Fassler, wat bekend is vir die gebruik van luiperdpatroon, sê oor dié motief:

Vir my verteenwoordig luiperdpatroon nie net die eksotiese nie, maar dit is ook die een patroon wat by alles pas. Dit was ’n rebelse patroon toe ek my loopbaan begin het, en mettertyd het dit sinoniem met my werk geword.

- Marianne in SARIE se Junie 2015-uitgawe

 

Hier volg die tydlyn van die luiperdpatroon:

1920’s

Natuurlik is die luiperdpatroon se oorsprong Afrika en die groot kat is deel van ons Groot Vyf, maar het jy geweet dat vroue al in die 1920’s jasse van luiperdpels gedra het?

1930’s en 1940’s

Die luiperdpatroon het oor die volgende twee dekades gewilder geraak en is al hoe meer op straat gesien.

1950’s

’n Model dra ’n Christian Dior-rok in 1953. Interessant genoeg is hierdie einste luiperdpatroon dié seisoen se trend (jy kry verskillende style van luiperdpatroon).

Aktrise Jayne Mansfield is nie skaam om ’n stywe luiperdpatroon-nommertjie te dra nie:

1960’s

In die 60’s was bypassende luiperdpatroon-bykomstighede baie groot. Aktrises Jill Ireland en Elizabeth Taylor was groot ambassadeurs van dié tendens.

Die meng van natuurlike stowwe of items was ook baie groot in die 60’s, soos suède en luiperdvelpatroon:

1970’s

Sanger Rod Stewart was gaande oor sy luiperdpatroon-pak.

1990’s

Naomi Campbell by Victoria’s Secret se loopplankvertoning vir Lente 1998.

2000’s

Jennifer Lopez se legendariese luiperdpatroon-uitrusting by die MTV-musiekvertoning, in 2001

In 2005 het die luiperdpatroon gekook op die rooi tapyt! Gwen Stefani was ook gaande oor ’n stukkie luiperdpatroon in 2005:

In 2007 is die luiperdpatroon ook op die loopplanke gesien:

Alexa Chung het in 2012 al bewys dat jy luiperdpatroon met ander patrone kan meng:

Jennifer Lopez gaan groot met haar luiperdpatroon-uitsny-aandrok by die Met Gala, in 2013

In 2014 het Balmain se Herfs/Winter 2014/2015-reeks die asem weggeslaan met dié ontwerpe.

Kate Moss is gaande oor haar luiperdpatroon-kunspels:

2016 en luiperdpatroon is steeds groot!!!

Bron: Harper’s Bazaar

Luiperdpatroon is klassiek!