FOTO Instagram @victoriabeckham

FOTO Instagram @victoriabeckham

Modestories

Kyk wat het Victoria Beckham aangevang!

Sy’s die een bekende wat áltyd hoë hakke gedra het, nie net op die rooi tapyt nie, maar selfs as sy inkopies doen of in die park met haar kinders speel. Sy is nooit sonder haar hakskoene betrap nie. Maar dié naweek het Victoria Beckham ’n tree in ’n nuwe rigting gegee en met sandale by die New Yorkse Modeweek opgedaag. Plát sandale!

Die SARIE-modespan, en ons glo baie ander aanhangers, het omtrent op hul rug geval toe ons dié foto sien.

Ons is gaande oor haar nuwe voorkoms: gemaklik, eenvoudig, maar steeds sjiek!

Die nuwe Victoria Beckham-reeks was ook tiptop en het baie aanhangers se hart gesteel. Die spel met silhoeëtte, materiale en kleure is definitief ’n wenner!

Ons salueer Victoria Beckham, ’n vrou met talle talente en vol verrassings!