Lady Gaga by die Met  Gala 2016. FOTO @ladygaga_instagram

Lady Gaga by die Met Gala 2016. FOTO @ladygaga_instagram

Modestories

Met Gala: skokke en gunstelinge op rooi tapyt

Die Met Gala, een van dié modegeleenthede op die kalender, het elke jaar ‘n ander tema en gaste word aangemoedig om daarvolgens aan te trek. 2016 se tema is “Manus x Machina: Fashion in an Age of Technology”.  Dis lekker, want mode en tegnologie gaan tog hand aan hand. En met so ‘n tema kan uitrustings baie interessant raak. Party bekendes het ongelooflik gelyk, maar ander het meer gelyk asof hulle op pad is na ‘n Halloween-partytjie …

#1 Ons grootste teleurstelling is beslis Lady Gaga, wat lyk of sy inspirasie gekry het uit haar 2013-klerekas. Sy was die afgelope ruk so stylvol dat ons regtig iets beters van haar verwag het.

 

#2 Claire Danes lyk soos ‘n moderne Aspoestertjie. Wat haar rok so asemrowend maak, is die liggies op haar rok.

Embed from Getty Images


via GIPHY

Clare Danes’ dress at the #MetGala.. WE ARE OBESSED

A video posted by 2016 Met Gala (@met.gala) on

#3 Ons gunsteling Harry Potter-ster, Emma Watson, het grootgeword en sy lyk ongelooflik in ‘n klassieke snit met ‘n lang sleep. Dié rok se materiaal is gemaak van herwonne plastiekbottels.

(Bron: vogue)

 

#4 Kate Hudson se wit rok laat jou twee keer kyk. Die uitsny-detail maak dit modern, maar tog ook futuristies. Dalk is dit hoe bruide oor 10 jaar gaan lyk ?

 

#5 En dan is daar Madonna. Al wat ek kan doen, is my kop skud en dink “Mutton dressed as lamb”. Sy immers 57 jaar oud; dink sy nie dat sy liewers dié soort uitrusting vir haar dogter moet los nie? Nou nie dat ek my dogter graag in so iets wil sien nie, maar darem …

 

#6 Baie bekendes, van Kim Kardashian tot haar jonger sussie Kylie en ma Kris Jenner, het Balmain gedra, maar die model Jourdan Dunn het die kollig by hul almal gesteel met haar silwer Balmain-rok. Sy laat ons dink aan ‘n futuristiese kryger-prinses.

 

#7 Dan moet ons ook die hoofredakteur van die Amerikaanse Vogue, Anna Wintour, uitsonder. Sy is een van talle wat ‘n naaswit rok gedra het. Die uitrusting se tekstuur-spel maak dit besonders.

 

#8 Zendaya se goue blinkerrok met een mou is stylvolle eenvoud met hope trefkrag.

 

#9 Wit was gróót by die Met Gala en Karlie Kloss se rok is ook ‘n wenner. Ons is mal oor die hoë neklyn met uitsny-detail om die middellyf.

 

#10 Rachel McAdams se goue skepping bekoor ons. Ons kan nie ophou kyk na die detail nie.

Wat dink julle van dié rokke?

Rok toe so mooi dat model nie kan sit nie!