Jennifer Lopez tydens haar verjaarsdag party in 2015. Foto: @jlo_instagram

Jennifer Lopez tydens haar verjaarsdag party in 2015. Foto: @jlo_instagram

Modestories

Rooitapyt-skokke deur die jare

Met die aanloop tot die jaarlikse gróót mode-byeenkoms, die Met Gala, het ons so bietjie in die argiewe gaan grawe en die 10 rooitapyt-rokke gekies wat deur die jare die grootste skokkrag gehad het. Sommige was ‘n geval van:  “Wat het sy gedink?” Ander weer van: “Wow! Dis gewaagd, maar suksesvol.”

Aangesien die uitrustings nie veel aan die verbeelding oorlaat nie, is een ding duidelik – ‘n skaam haar het dié celebs nie. Miskien moes elkeen van hulle by die betrokke rooitapyt-okkasie ‘n beeldjie ontvang het vir die bekende met die meeste selfvertroue.

#1 – In 1986 het Cher seker die grootste skok nog by die Oscars veroorsaak met dié skepping. Dit lyk meer soos ‘n uitrusting wat sy tydens een van haar konserte sal dra. Stylvol was dit nie, veral nie vir die Oscars nie.

#2 – In 1994 het die toe nog onbekende Elizabeth Hurley die bekende Britse akteur Hugh Grant vergesel na die première van “Four Weddings and A Funeral”. Dié rooi rok het die kollig gespeel en haar loopbaan het afgeskop. Ons is nie seker of ons kan sê dit is stylvol nie, maar vir die neëntigs het dit gewerk. Ons glo nie dit gaan vandag werk nie.

#3 – By die Grammy-toekennings in 2000 het Jennifer Lopez vir die eerste keer ‘n gewaagde rok gedra en die wêreld was in twee geskeur – party was mal daaroor en ander glad nie. Hierna het dit een van haar kenmerke geword om lyf te wys op die rooi tapyt.

#4 – In 2001 is daar weer eens opslae gemaak by die Grammy-toekennings en dié keer was dit die Grammy-wenner Toni Braxton. Haar rok was selfs kaler as Jennifer Lopez s’n, met ‘n strategiese band wat die voor- en agterkant bymekaarhou. Ons hoop vir haar part dit was daardie aand windstil.

 

#5 – In 2013 het Gwyneth Paltrow ook die wêreld geskok met dié rok by een van Iron Man 3 se premières. Dit was nie naastenby so kaal soos die ander se rokke nie, maar vir háár was dit kaal. Dit is ons vir ons ‘n stylvolle opsie, want dit is nie so opmerklik en oral kaal nie.

Voor:

Kant:

#6 – In 2014 het Miley Cyrus ons menige maal geskok, maar hierdie een was die ergste. Jy kan eintlik nie dink dat haar ouers haar so uit die huis laat gaan het nie! Stylvol is sy beslis nie, jy kan sommer sien dat sy daarop uit is om die wêreld te skok. Eendag gaan sy terugkyk hierna en dink: Wat het deur my kop gegaan?

#7 – In 2014 het Rihanna die internet aan die gons gehad met dié rok, want die hele wêreld kon haar tepels sien. Stylvol is dit beslis nie. Maar as sy ‘n vleeskleurige onderrok onder die rok gedrag het, sou dit stylvol wees. Weer eens het sy die skoktaktiek vir haar laat werk.

#8 – In 2015 het Jennifer Lopez talle male skraps uitrustings gedra. Sy is immers die koningin van lyf wys, daarom haal sy die lys nóg ‘n keer. En met so ‘n lyf op 46 kan jy haar seker nie kwalik neem nie!

#9 – By verlede jaar (2015) se Met Gala was daar ‘n hele paar uitrustings wat nie veel aan die verbeelding oorgelaat het nie. Kim Kardashian was ook een van hulle, maar vir ons was hierdie uitrusting baie stylvol.

#10 – Volgens die skindertonge is daar ‘n vete tussen Kim Kardashian en Beyoncé Knowles. En as jy so na hulle Met Gala-uitrustings kyk, kan jy dalk die skindertonge glo. Dit lyk regtig of hulle mekaar wou oortref. Wie dink jy het gewen?

Duidelik raak die rooitapyt-uitrustings skrapser. Dalk het dit te doen met sosiale media en almal wil die aandag trek om die internet aan die gons te hê – ongeag of dit stylvol is of nie. Bly liefs ver weg van dié uitrustings vir jou matriekafskeid.

Wat dink julle van die uitrustings?