Modestories

Sak en pas – handsakke & bagasie te kus en te keur

Ons as vroue weet ‘n uitrusting is nie volledig sonder die regte handsak nie. ‘n Handsak weerspieël jou unieke persoonlikheid, van die palmhandsak wat jy kies vir ‘n aandjie uit tot jou skouersak waarin jy jou hele lewe dra. Dit is jou heel privaatste mode-item, want jy bêre meer as net ‘n beursie en lipstiffie daarin.

Des te meer jou groot tas as jy reis, want hierin lê jou hele huis weg van die huis!

20160419_PC

Gaan jy met vakansie of reis jy gereeld op sakebesoeke? Pierre Cardin se duursame bagasie is ontwerp met die oog op die behoefte van elke reisiger.

Bagasie is landwyd beskikbaar by voorste afdelingswinkels, bagasie- en sportwinkels, of jy kan dit aanlyn koop by www.pierre-cardin.co.za

En dan kry jy handsakke vir daardie allerbelangrike benodigdhede vir elke dag.

Die groot verskeidenheid handsakke van Pierre Cardin bied iets vir elke vrou, asook vir elke geleentheid wat sy bewoon. Van klassieke style tot dié aan die voorpunt van die mode, jy sal jou moet-hê-handsak by Pierre Cardin kry.

Moenie dié seisoen verlore voel sonder die regte handsak nie. Dit is immers die één item waarin jou oorlewingspakkie met selfoon, hoofpynpille en wat nog pas. Met die regte handsak sien jy kans vir elke dag!

Handsakke is landwyd beskikbaar by voorste afdelingswinkels, uitsoektakke van skoen- en klerewinkels, of jy kan dit aanlyn koop by www.spree.co.za, www.zando.co.za of www.pierre-cardin.co.za

Blaai deur die galery vir ‘n versameling handsakke en bagasie van Pierre Cardin:

Pierre_Cardin Icon Logo