SARIE TV: Kersfees saam met Nataniël

SARIE Desember 2011

Mode-direkteur Chris Viljoen en sy span het 'n blou-geïnspireerde Kersfees-modesessie saam met Nataniël en sy suster Madri in Kaapstad gedoen. Ons was agter die skerms en hier's die video

Kersfees is al van kleintyd Nataniël se beste tyd van die jaar, want dis wanneer die familie bymekaargekom het by sy ouma-hulle se huis op Wellington. Dán het hy so lekker konsert gehou.

“Ek was sommer Maria, Josef én Jesus!” erken hy prontuit. Deesdae kom die familie een jaar in die Kaap en die volgende jaar in Pretoria byeen. Vanjaar vier hulle Oukersaand by die Overture-restaurant buite Stellenbosch (die restaurant maak nét vir hulle oop!).

Op SARIE se Kers-fotosessie was Nataniël en Madri in hul element. Wat beter as ’n blou fotosessie met ’n wit poedel, ’n mensgroot Adventkrans, ses ballerinas as “bykomstighede” en ’n vlootblou Vespa? Om alles te kroon was die foto-ateljee in Woodstock, Kaapstad, in ’n gerestoureerde kerk, propvol atmosfeer. Toe die kamera begin kiek, was dit asof Nataniël op die verhoog is. Gereed om te gee. Madri het rondgedartel in hemelhoë Jimmy Choo-skoene. Dat hy haar held is, is duidelik.

VIDEO van Kersmode-fotosessie met Nataniël en Madri

Verwante artikels

Kommentaar

  • Julle is beslis STUNNING - whow

    28ste Nov. 2011, 15:18
  • As jy die naam Nataniël hoor, trek jou lippe al reeds in 'n glimlag posisie en die jou ore staan regop soos 'n hondjie wat iewers gehoor het hy gaan 'n honde beskuitjie kry, want weet maar verseker as sy mond oopgaan is dit asof 'n waterval van woorde uit sy mond borrel en jy staan verslae oor al die segoed. Het nog net eenkeer die geleentheid gehad om by Huisgenoot se 90ste verjaarsdag bal hom te sien optree. Ek dink ek sal aan sy liipe hang as ek hom eendag moet ontmoet. Dit is asof die hele wereld met al sy sorge sommer net verdwyn as mens na hom luister en 'n lekker rustige gevoel wat oor jou neerdaal. Jy is TOPS Nataniël.

    23ste Nov. 2011, 14:26
  • Pragtig Madri. Jy is 'n ster & boet kan sy sterre dank!

    23ste Nov. 2011, 11:13
  • Die Afrikaner ras is stunning en sal nog beter vaar met hierdie smaakvolle aanbieding. Madri, jy is my gunsteling nooi vir seker!

    19de Nov. 2011, 08:16
  • Goeiste Elsie, kan jy jou voorstel as die wêreld net uit mense soos jy bestaan het!!! Daar is gelukkig plek vir elkeen van ons en Nataniël HET sy plek en hy staan dit goed vol, you go Nataniël, ek is een van jou GROOTSTE bewonderaars!

    18de Nov. 2011, 10:17
  • WoW!! WoW!! WoW!! Ek gaan beslis die uitgawe koop!!! Ek is mal oor die video clip en kan myself net indink hoe stunning die foto's gaan wees!!! Dankie Sarie!! Julle weet presies hoe om 'n mens beter te laat voel!!!!!

    18de Nov. 2011, 10:03
  • Stunning, kan nie wag vir my Sarie maar ek kry half die gevoel hulle het dit nie self baie geniet nie?

    17de Nov. 2011, 21:59
  • Ek hou sommer baie van Nataniël, sy sêgoed, sy klere, sy alles. Hy is 'n diep siel. Performer duisend. Ek kan my verkyk aan die man. Kyk hoe sit hy daar net soos 'n waspop! Ag en sal hy nie 'n mooi waspop maak nie. Lief jou Nataniël!

    17de Nov. 2011, 15:39
  • LOL! Ek is mal oor die poedel! En Madri en die hond was ook oulik...

    17de Nov. 2011, 09:47
  • Twee mooi mense! Nataniël sal altyd 'n ster wees!

    16de Nov. 2011, 15:03
  • Aaah dis awesome!!! Julle altwee is so stylvol

    16de Nov. 2011, 12:06
  • Pragtig, Pragtig, Pragtig! Nataniel jy en Madri maak 'n MEAN team! xxx

    15de Nov. 2011, 16:18
  • Nataniel maak elke 'shoot' soo goed werk! Daar is iets so uniek aan Nataniel, net soos hy altyd iets so gevat, raak en waar kan se! Ek geniet Nataniel elke keer,..Altyd! Madri jy is pragtig!

    15de Nov. 2011, 15:30
  • Volpunte aan Sarie, MY SARIE!

    15de Nov. 2011, 08:18
  • Dit is so uit die boeke!!! En daar sien ek my "verlore" vriendin Marguerite Van Wyk Jy lyk stunning!!!

    14de Nov. 2011, 14:26
  • Nataniel is sinoniem met STYL, AFGEROND, DETAIL, SO hoe dan nou anners, waar hy is skitter almal. Julle lyk stunning!!!

    14de Nov. 2011, 13:50
  • Jo! Nataniël jy raak net nie ouer nie! Net beter! Stunning!

    14de Nov. 2011, 13:41
  • MADRI, jy is pragtig!!!! SJOE

    11de Nov. 2011, 20:09
  • wow.wow.wow...dit is stunning...ek was nog altyd 'n Nataniël aanhanger...hierdie is die mooiste foto's ooit...

    11de Nov. 2011, 15:40
  • Wow, dis SO mooi!!! Madri, jy is darm maar net BEAUTIFUL!!!! xxx

    11de Nov. 2011, 14:28
  • JIS MADRI!!!!!!!! jy is stunning!!!!!!!!!!!

    11de Nov. 2011, 13:39