Modestories

SARIE TV: Kersfees saam met Nataniël

Kersfees is al van kleintyd Nataniël se beste tyd van die jaar, want dis wanneer die familie bymekaargekom het by sy ouma-hulle se huis op Wellington. Dán het hy so lekker konsert gehou.

“Ek was sommer Maria, Josef én Jesus!” erken hy prontuit. Deesdae kom die familie een jaar in die Kaap en die volgende jaar in Pretoria byeen. Vanjaar vier hulle Oukersaand by die Overture-restaurant buite Stellenbosch (die restaurant maak nét vir hulle oop!).

Op SARIE se Kers-fotosessie was Nataniël en Madri in hul element. Wat beter as ’n blou fotosessie met ’n wit poedel, ’n mensgroot Adventkrans, ses ballerinas as “bykomstighede” en ’n vlootblou Vespa? Om alles te kroon was die foto-ateljee in Woodstock, Kaapstad, in ’n gerestoureerde kerk, propvol atmosfeer. Toe die kamera begin kiek, was dit asof Nataniël op die verhoog is. Gereed om te gee. Madri het rondgedartel in hemelhoë Jimmy Choo-skoene. Dat hy haar held is, is duidelik.

[box:full:pink:both]

VIDEO van Kersmode-fotosessie met Nataniël en Madri

[/box]

  • Chanel

    JIS MADRI!!!!!!!! jy is stunning!!!!!!!!!!!

  • Andele

    Wow, dis SO mooi!!! Madri, jy is darm maar net BEAUTIFUL!!!! xxx

  • Annaline de Wet

    wow.wow.wow…dit is stunning…ek was nog altyd ‘n Nataniël aanhanger…hierdie is die mooiste foto’s ooit…

  • Jo-Lize van Floral Affairs

    MADRI, jy is pragtig!!!! SJOE

  • Liz-Mari

    Jo! Nataniël jy raak net nie ouer nie! Net beter! Stunning!

  • alet fick

    Nataniel is sinoniem met STYL, AFGEROND, DETAIL, SO hoe dan nou anners, waar hy is skitter almal. Julle lyk stunning!!!

  • Greta

    Dit is so uit die boeke!!!
    En daar sien ek my "verlore" vriendin Marguerite Van Wyk
    Jy lyk stunning!!!

  • Marie Strachan

    Volpunte aan Sarie, MY SARIE!

  • Liz Louw

    Nataniel maak elke ‘shoot’ soo goed werk! Daar is iets so uniek aan Nataniel, net soos hy altyd iets so gevat, raak en waar kan se! Ek geniet Nataniel elke keer,..Altyd! Madri jy is pragtig!

  • Petro

    Pragtig, Pragtig, Pragtig! Nataniel jy en Madri maak ‘n MEAN team! xxx

  • Nicola

    Aaah dis awesome!!! Julle altwee is so stylvol

  • Zirkie

    Twee mooi mense! Nataniël sal altyd ‘n ster wees!

  • Lize

    LOL! Ek is mal oor die poedel! En Madri en die hond was ook oulik…

  • Petronella

    Ek hou sommer baie van Nataniël, sy sêgoed, sy klere, sy alles. Hy is ‘n diep siel. Performer duisend. Ek kan my verkyk aan die man. Kyk hoe sit hy daar net soos ‘n waspop! Ag en sal hy nie ‘n mooi waspop maak nie. Lief jou Nataniël!

  • Vanessa Collett

    Stunning, kan nie wag vir my Sarie maar ek kry half die gevoel hulle het dit nie self baie geniet nie?

  • Nicolene

    WoW!! WoW!! WoW!!
    Ek gaan beslis die uitgawe koop!!! Ek is mal oor die video clip en kan myself net indink hoe stunning die foto’s gaan wees!!!
    Dankie Sarie!! Julle weet presies hoe om ‘n mens beter te laat voel!!!!!

  • Ina

    Goeiste Elsie, kan jy jou voorstel as die wêreld net uit mense soos jy bestaan het!!! Daar is gelukkig plek vir elkeen van ons en Nataniël HET sy plek en hy staan dit goed vol, you go Nataniël, ek is een van jou GROOTSTE bewonderaars!

  • Erwin

    Die Afrikaner ras is stunning en sal nog beter vaar met hierdie smaakvolle aanbieding. Madri, jy is my gunsteling nooi vir seker!

  • Heinrich

    Pragtig Madri. Jy is ‘n ster & boet kan sy sterre dank!

  • Reta

    As jy die naam Nataniël hoor, trek jou lippe al reeds in ‘n glimlag posisie en die jou ore staan regop soos ‘n hondjie wat iewers gehoor het hy gaan ‘n honde beskuitjie kry, want weet maar verseker as sy mond oopgaan is dit asof ‘n waterval van woorde uit sy mond borrel en jy staan verslae oor al die segoed.
    Het nog net eenkeer die geleentheid gehad om by Huisgenoot se 90ste verjaarsdag bal hom te sien optree. Ek dink ek sal aan sy liipe hang as ek hom eendag moet ontmoet. Dit is asof die hele wereld met al sy sorge sommer net verdwyn as mens na hom luister en ‘n lekker rustige gevoel wat oor jou neerdaal. Jy is TOPS Nataniël.

  • Karen

    Julle is beslis STUNNING – whow