FOTO: Simon Deiner / SDR Photo

Modestories

Matriekafskeid: 7 dinge wat jy moet weet

Dit is jou mooiste aand en jy wil hê als moet perfek wees. Met dié wenke sal jy nie ’n modevoet op dié groot aand verkeerd sit nie.

Ons het al wenke en inspirasie vir meisies én seuns gegee vir ’n stylvolle matriekafskeid-uitrusting, maar hierdie is 7 wenke vir wat jy nié moet doen nié.

1) Minder is meer – of dalk nie

‘Minder is meer’ is in die meeste gevalle altyd ’n goeie idee, maar nie as dit by die hoeveelheid materiaal kom nie.

Rokke of rompe wat té kort is, splete wat te hoog gesny is, en uitsnypatrone wat te veel lyf wys. Dít is ‘n maklike resep vir ’n goedkoop voorkoms. Onthou, styl stap ’n langer pad as sexy.

Inspirasie en nuttige wenke vir haar mooiste aand

Deursigtige materiale is ’n slim manier om subtiel lyf te wys maar steeds stylvol te wees. Vra iemand met die nodige kennis om te help om die materiaal te kies. Die lap mag wondermooi wees, maar dit is dalk nie reg vir jou rok se styl of jou lyf nie.

 

 

 

 

 

 

2) Té blink

Metaal-kleurige rokke en juweliersware is ’n fantastiese manier om ’n eenvoudige uitrusting op te kikker. Maar té veel blink kan jou soos ’n ruimteskip laat lyk.

 

 

 

 

 

 

Inspirasie en nuttige wenke vir sy mooiste aand

3) Kleurryk

Helder kleure en interessante motiewe is modieus en waaghalsig, maar dit moet nie oordoen word nie. Wanneer jy wel hierdie opsie kies, kies eerder ’n minimalistiese styl én dra dit met selfvertroue en gemak.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

4) Volume

Frille, valle en oortolligge volume kan oorweldigend wees. Die groot prinses-rok is mooi vir feëverhale, maar nie altyd gepas vir ’n jong dame by haar matriekafskeid nie. Moet nie die volume oordoen nie – jy wil gemaklik kan sit en dans! Oorweeg eerder ’n klassieke en tydlose silhoeët vir ’n sjiek voorkoms.

 

 

 

 

 

 

5) Noupassend

Jou rok moet by jóú lyf pas. Noupassende rokke wat styf sit om die heupe en bobene is nie slegs ongemaklik nie, dit vlei ook nie alle figure nie. Sorg ook dat die bo-stuk soos ’n handskoen pas. As dit te los is, gaan jy ongemaklik voel en die hele aand jou rok probeer bo hou.

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Gwyneth Paltrow se noupassende rok pas by haar liggaamsvorm en Kate Hudson se korset sit nommerpas en gemaklik.  (Gallo Images/ Getty Images)

6) Jy val van jou hakke af

Elke vrou is lief vir ’n mooi paar skoene, maar dit help nie jy kan nie daarin loop of dans nie. Jou matriekafskeid duur die hele aand en jy wil nie die heeltyd in pyn wees nie!

Die mooiste skoene in die SARIE-winkel:

7) Jy vergeet van die laaste details

Die fyn details van jou rok is net so belangrik soos die rok self. Dit neem nie baie tyd om jou rok se kreukels uit te stoom nie. Onthou ook om mooi te sit in die motor om meer kreukels te vermy.

Jou onderklere moet jou figuur vlei en nie gesien word nie. Vir rokke waarby ’n bra nie gedra kan word nie, bied diskrete opsies soos Best Breast vir jou ’n oplossing. Best Breast is vanaf November landswyd beskikbaar by Stuttafords, Ackermans en Makro. Besoek hul webtuiste vir meer inligting.