Modestories

Skep jou eie halssnoer met spesiale betekenis en beskerming

Die Duitse Engelsrufer-reeks bied presies dít vir jou – die geleentheid om jou eie halssnoer te versier met ’n hangertje wat vir jou spesiaal is.

Hierdie pragtige houer-hangertjies van hoë gehalte is met sorg geskep en is gemaak van 925 sterlingsilwer wat met rodium, 18-karaat-goud of roosgoud oorgeblaas is.

20160419_Promosie Tag

Wanneer jy die houer-hangertjie oopmaak, kry jy ’n handgemaakte, vervangbare klankballetjie binne-in. Die klankballetjies is in 16 kleure beskikbaar en elke kleur het ’n spesiale betekenis. Wit beteken briljante perfeksie, onskuld en reinheid. Swart domineer lig en is geheimsinnig en elegant. Groen beteken hoop, gesondheid, balans en eerlikheid, en rooi beteken sterkte, vuur, passie en liefde.

Engelrufer Consumer Cat1 2.cdr

Elke balletjie het sy eie unieke, subtiele klank en die delikate gebeier van die Engelsrufer roep jou engel om jou teen alle gevaar te kom beskerm. Kies jou kleure versigtig sodat jy jóú spesiale engel kry om na al jou geheime wense te luister. Die klankballetjies kan apart gekoop en individueel omgeruil word.

Volgens die antieke tradisie van die “Engelsrufer/Angel Whisperer” kan dit jou help om jou engel te roep. Hierdie kosbare juweel is broos soos ’n engel, maar gee jou die krag om in alle situasies sterk te wees.

Engelrufer Consumer Cat1 2.cdr

Engelsrufer-hangertjies is te kry in drie groottes en drie kleure – silwer, goud of roosgoud. Jy kan engelvlerk-hangertjies byvoeg om jou halssnoer nog verder te verpersoonlik.

ENGELS COVER 450X600PX (002)

Die juwele is ’n pragtige geskenk vir spesiale geleenthede. Dis die ideale gelukbringersimbool vir ’n geliefde sodat sy altyd in voeling kan bly met haar beskermengel.

XMAS CAT EXTRACT PICS1

Om meer van hierdie pragtige reeks te sien, aanlyn te koop, of jou naaste handelaar op te spoor, besoek www.engelsrufer.co.za

Moenie vergeet om van ons te hou op Facebook nie: Engelsrufer South Africa
En volg ons op Instagram: @engelsrufer_sa #engelsrufer_sa