Glinsterhakke 
FOTO @vincecamuto_instagram

Glinsterhakke FOTO @vincecamuto_instagram

Modestories

Sonde met jou skoene? Hier’s hulp …

Jy kan nie nuwe skoene bekostig nie en soek raad om vinnig jou skoendilemma op te los. Die SARIE-modespan het ’n paar slim wenke.

#1 Gladde skoene

Oplossing: Maak die sole growwer met skuurpapier

 

#2  Maak jou skoene weer wit

Oplossing: Gebruik tandepasta

A photo posted by @converse on

 

#3 Maak leer-items skoon

Oplossing: Skoon alkohol (jy kan dit verdun met water)

 

#4 Stink skoene

Oplossing: Koeksoda

 

#5 Skrape op jou skoene

Oplossing: ’n Naelvyl – as jy dit dit ordentlik afskuur (buff), sal die skrape minder sigbaar wees

#6 Kunsleer wat vaal is

Oplossing: Petroleumjellie (Vaseline)

 

#7 Rek jou nuwe skoene

Oplossing: Plaas wolsokkies in jou skoene en gebruik die haardroër om dit warm te maak en te rek, of trek dik wolsokkies aan en loop vir sowat een uur daarin rond

 

#8 Hakskoene of skoene glip uit

Oplossing: Spuit haarsproei in die binnekant van die skoen (by die hak)


Ons hoop dié wenke werk net so lekker vir jou soos vir ons.