Taylor Swift met 'n swart lip. FOTO @taylorswift_instagram

Taylor Swift met 'n swart lip. FOTO @taylorswift_instagram

Modestories

Taylor Swift se nuwe (donker) voorkoms

Ons sien gereeld hoe bekendes hul voorkoms verander. Maar soms is die transformasie so groot dat jy byna jou nek beseer omdat jy vinnig twee keer moet kyk en wonder: “Is dit sy of is dit nie?”

Taylor Swift se transformasie

Onlangs was ons grootste skok die sangeres Taylor Swift se nuwe voorkoms. Kyk net na die verskil in die twee Vogue-voorblaaie hieronder. Toe sy bekend geraak het, het sy ’n botter-smelt-nie-in-my-mond-nie-beeld gehad. En vier jaar later is sy baie meer edgy.

Taylor Swift op die voorblad van Vogue Feb 2012-uitgawe

Taylor Swift op die voorblad van Vogue Feb 2012-uitgawe

Taylor Swift op die voorblad van Vogue Mei 2016-uitgawe

Taylor Swift op die voorblad van Vogue Mei 2016-uitgawe

Sub-kulture

In mode kry ons ook sub-kulture. In die 80’s was die grunge-styl groot en in die 90’s was veral die gotiese (goth) styl groot, maar vandag is daar ook die emo-styl.

Dié drie is almal donker, rebelse style. Dit word gekenmerk deur meestal swart hare, swart naels, donker oë en donker klere. Als is swaar en gewoonlik nie baie vroulik nie. Boonop neig die gemoedere van aanhangers na die somber kant.

Ander bekendes word ‘donker’

Cara Delevingne in ’n glansryke donker uitrusting en donkerrooi lip.

Cara in ’n baadjie met ’n kappie. Dié top is kenmerkend van die emo-styl.

Kristen Stewart met donker oë en ’n punk-haarstyl.

Kristen Stewart van kop tot toon in swart by Cannes. Kristen is die gesig van Chanel en het vir die hele Cannes-fees net in Chanel-uitrustings verskyn (en ons is jaloers!). Maar selfs in Chanel-skeppings kry Kristen dit reg om haar somberder kant na vore te bring.

Ons is gewoond daaraan dat Kristen en Cara se styl deur hul skadu-kant geïnspireer word, maar nie Taylor nie. Daarom is ons baie verras dat die grunge-styl háár nou inspireer. Ons is net so dankbaar dat sy darem haar blonde lokke behou het.

Taylor met ’n swart lip by die Met Gala in New York.

Taylor in haar nuwe grunge-styl.

Taylor Swift in New York. Foto: Gallo Images / Getty Images - Raymond Hall

Taylor Swift in New York. FOTO Gallo Images / Getty Images – Raymond Hall

Hierdie styl is nie vir almal nie. Dit het baie te doen met jou persoonlikheid en leefstyl. As jy jonk is en nog besig is om jou styl te vind, maak dit sin as jy iets nuuts wil probeer. Dan kan grunge vir jou werk.

Wat dink jy van Taylor se nuwe voorkoms?

Lees nou

Dié skoen dra bekende oor en oor op die rooitapyt

Dra kunspels met flair

Bekende model steel kollig by aktrises tydens Cannes-rolprentfees