Victoria Beckham op die voorblad van Duitse Vogue November 2015

Victoria Beckham op die voorblad van Duitse Vogue November 2015

Modestories

Seldsame foto van bekende gevind

Ons het byna van ons stoel af geval toe ons op dié foto afkom. Almal ken Victoria Beckham as die ster wat nooit glimlag nie. Dit is immers één van die goed waarvoor sy bekend is. En om ’n foto van haar te vind waarop sy glimlag is so skaars soos hoendertande.

In ‘n video-onderhoud met Vogue.com gee Victoria Beckham die rede hoekom sy nooit glimlag nie: “Ek glimlag in die binnekant. Ek doen die modewêreld ‘n guns om nie te glimlag nie.”

Toe ons dus per toeval op ’n foto afkom waar sy wel glimlag, het ons gevoel ons móét dit met julle deel. Die foto is wel vrek oud; dit is in 2008 geneem.

Kom ons hoop maar sy lag en glimlag darem in die privaatheid van haar huis. Wat dink julle, moet Victoria Beckham meer in die openbaar glimlag?