Kendall Jenner & Gigi Hadid by die MTV-fliek toekennings. Foto: @teenvogue_instagram

Kendall Jenner & Gigi Hadid by die MTV-fliek toekennings. Foto: @teenvogue_instagram

Modestories

MTV-skok: Wat het dié bekendes gedink?

Die modespan by SARIE is gaande oor rooitapyt-geleenthede. Ons vergaap ons aan die uitrustings, van asemrowend tot skokkend. Hier is ons lysie van gisteraand se teleurstellings en gunstelinge by die MTV-rolprenttoekennings in Kalifornië.

Soos gewoonlik het ’n paar uitrustings ons monde laat oophang, want wat het hulle gedínk? Of stem julle nie saam nie?

Rebel Wilson – aktrise
Die asimmetriese neklyn werk nie vir haar nie.

Halsey – sangeres
Ons is mal oor die baadjie, maar die res van die uitrusting? Ai, nee. Dit sal enige ouer in die graf laat omdraai.

Keltie Knight – TV-aanbieder
Die uitrusting is te besig! Die rok is mooi en sou op sy eie beslis beter gelyk het.

Charlize Theron
Sy het uiteindelik erkenning vir haar rol in Mad Max: Fury Road gekry! Maar ons is glad nie gaande oor haar rok nie. Die hele kantoor is in twee geskeur. Ons is mal oor die bokant van haar rok, maar die skoenlapperbande om haar middel werk nie vir ons nie, so ook nie die deursigtige onderkant nie.

Hier is ons gunstelinge:

Cara Delevingne
Ons is mal oor haar “edgy” styl en sy het weer eens ongelooflik gelyk.

Holland Roden
Sy was regtig waaghalsig met dié potblou broekuitrusting. Die bloes is vleiend en sy lyk fantasties.

Gigi Hadid
Haar sexy weergawe van ’n broekpak op die rooi tapyt is perfek vir haar ouderdom.

Duidelik het broeke dié keer meer ons aandag getrek. Dis anders en stylvol. Hou jy van ’n broek op die rooi tapyt, of verkies jy ’n rok?