Agter die skerms by die Victoria Secrets vertoning in Parys 2016. FOTO Instagram / @victoriasecret

Agter die skerms by die Victoria Secrets vertoning in Parys 2016. FOTO Instagram / @victoriasecret

Modestories

Skokke by die Victoria’s Secret-vertoning

Gister het 51 modelle in sexy, sjiek en sjoelala onderklere in Parys, Frankryk, geparadeer. Ja, dit was die jaarlikse Victoria’s Secret-vertoning en soos altyd was dit skouspelagtig. 

Vir 5 goed wat jy móét weet oor die vertoning, klik hier.

Soos enige vertoning, groot of klein, is daar altyd ’n verrassing of twee. Dié een was geen uitsondering nie.

Onderklere wat uitmekaarval

Die bandjies van een van Gigi Hadid se uitrustings het losgegaan. Gelukkig is niks intiems vir die wêreld ontbloot nie.

Lady Gaga se uitrustings

Die Grammy-wenner se uitrustings trek altyd ons aandag. As sy ons nie skok met ’n bisarre uitrusting nie, verras sy ons met hoe stylvol sy die afgelope jaar geword het. Gisteraand was geen uitsondering nie. Lady Gaga het soos ’n glansster uit Ou Hollywood gelyk.

Sy het natuurlik ook Victoria’s Secret-onderklere onder haar roosrok gedra en later ’n foto daarvan op Instagram gedeel. Sy is nie die eerste Grammy-wenner wat by dié geleentheid met onderklere spog nie. In 2014 het Taylor Swift in onderklere opgetree by die Victoria’s Secret-vertoning.

Kyk hoe sing Taylor in 2014 by The Victoria’s Secret Fashion Show:

’n Swanger model op die loopplank …

Aan die manier waarop haar uitrustings gestileer was, het dit gelyk asof die model Irina Shayk swanger kon wees. ’n Prominente boep was ook sigbaar toe sy op dié geleentheid se pienk tapyt verskyn het. Watter bekende is die pa? Klik hier.

Lees nou

Bradley Cooper word pa!

FOTO’S: Victoria’s Secret só het dit gelyk

Afskouer-trend hier om te bly!