Die rooitapyt by die Britse Mode Toekennings 2016. Foto: @britishvogue_instagram

Modestories

Skokke en wenners by die Britse modetoekennings

Gisteraand was die jaarlikse Britse modetoekennings. Soos met elke ander rooitapyt-geleentheid was daar styl-wenners sowel as dié wat dalk daaraan moet dink om ’n nuwe stilis aan te stel …

Die grootste skok van die aand was die onderskeid tussen die temperatuur en die bekendes se kleredrag. Met sowat 4˚C buite was dit nogals koelerig en baie van die celebs was in ons oë besonder dapper!

Hier is ons lysie van die stylvolste en, uhm .., die dapperste sterre by gisteraand se geleentheid:

Die Engelse model Laura Bailey se kleurkombinasie en patrone was interessant.

Lady Gaga, stylvol in swart.

Die Britse model Neelam Gill het gewaag in ’n sterk blou met swart kantdetail.

Die Amerikaanse model Gigi Hadid se silwerkleurige eenstuk met romp-detail het beslis die aandag getrek en haar soos ‘n handskoen gepas.

Die Britse model Lily Donaldson het die koue in ’n deursigtige rok getrotseer.

Die Amerikaanse model Karlie Kloss se moderne swart nommertjie was ’n wenner.

Die Engelse sanger en liedjieskrywer Mollie King het besluit op ’n rok met ’n sensasionele boheemse gevoel.

Hier is die bekendes wat besluit het ’n langer mou kan net so stylvol wees:

Supermodel Kate Moss het besluit op inspirasie uit die glans van Ou Hollywood.

Die Britse TV-aanbieder en model Alexa Chung se uitrusting met ’n Oosterse invloed was ’n wenner.

Die Engelse aktrise Laura Haddock se kleurkeuse van wynrooi vir dié kantrok was ’n wenner.

Die Engelse model Abbey Clancy wys been in ’n naaswit nommertjie.

En vir ’n groot mode geleentheid was die volgende uitrustings vir ons baie teleurstellend:

Die Britse sanger Aluna Francis – ons is te geskok om iets te sê.

Die Britse model Adwoa Aboah: die kleur en die snit werk vir ons glad nie.

Die Britse aktrise Jenna Coleman lyk meer asof sy reg is vir ’n rol in ’n historiese fliek.

Watter bekende se uitrusting was jóú gunsteling?

Lees nou:

Stoutseuns het gewoonlik dié name…

Sexy, sexier, sexist by die Victoria’s Secret after-party

Dié baadjie moet jy nou hê