Foto ter illustrasie
FOTO: Glen Montgomery van Supernova
GRIMERING: 
Algria Ferreira 
HARE: Nandi Kai van Supernova 
MODEL:
Morgan Shelly van Boss Models FOTOGRAAF
SE ASSISTENT: Sam Bowker

Foto ter illustrasie FOTO: Glen Montgomery van Supernova GRIMERING: Algria Ferreira HARE: Nandi Kai van Supernova MODEL: Morgan Shelly van Boss Models FOTOGRAAF SE ASSISTENT: Sam Bowker

Modestories

Skryf in vir nuwe werklikheidsreeks en kry ’n mode-‘makeover’

Van donker na lig!

Is mode en styl vir jou ’n nagmerrie? Jou lyf wil dalk nie saamspeel nie? Ons is op soek na vroue wat hul sakkerige, swart klerekas wil verruil vir iets meer kontemporêr en vleiend.

Ons superstilis gaan jou hand vat en wys hoe om op jou beste te lyk – en daar is 3 goed op haar tieklys: mooi lyk, jou bates en jou persoonlikheid.

Skryf jouself of iemand in wat jy dink dit sal geniet om op Media24 se nuwe werklikheidsreeks te verskyn. Boonop kan jy ’n klerekas-inspuiting kry as jy op die program verskyn. Stuur ’n foto asook ’n paragraaf oor jouself en jou modefrustrasies na via@okuhle.co.za teen Maandag 7 September.

Ons soek Afrikaanse deelnemers wat hulself in Kaapstad kan kry.

_________________

Wie’s ons VOORBLAD-WENNER? Kom kyk en kuier saam!

Dis ons aand van die jaar met glans, bekendes en ons Voorbladfinaliste. Wees op 6 September deel van die rooitapyt-geleentheid wanneer die twee kategoriewenners uit die 10 finaliste aangewys word, en één dan wegstap as SARIE Voorbladgesig 2015. Dis haar gesig wat op die Oktober-uitgawe van SARIE sal pronk, en jy sal eksklusief ’n eerste kopie van die tydskrif in jou hande kan hê. Moenie die opwinding misloop nie!

Optredes deur die sangers Joseph Clark, Corlea Botha en Joshua na die Reën, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak. Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie nou!

VBGfader 1 voorbladgesig event

Lees meer HIER

Kry jou kaartjie HIER