Klerekas. Foto: @jemma_jennet - instagram

Klerekas. Foto: @jemma_jennet - instagram

Modestories

Só kry jou klere en jou klerekas nuwe lewe

Al ooit voor jou klerekas gestaan en gedink “Ek het niks om te dra nie”? Dis dalk tyd dat jy jou kas bietjie deurgaan en die klere uitgooi wat jy nie dra nie.

“Uitgooi!”, roep jy, “Nooit nie!” En ek vra: “Hoekom nie?” Ek gaan nou iets baie waardevol met julle deel. Jy kan jou ou klere (stukkend óf heel) by H&M gaan ingee. Jy kry dan ’n 15%-afslagkoepon op die volgende item wat jy aankoop. Is dit nou nie lekker nie? Nou kan jy uiteindelik iets gaan koop wat jy wel wil dra. En nie 10 items in jou kas hê wat jy nooit dra nie.

"Ek het my deel gedoen", Amaria Carstens SARIE se moderedakteur

“Ek het my deel gedoen”, Amaria Carstens SARIE se moderedakteur

Wat nog belangriker is, is dat die ou items wat jy inhandig deel is van ’n groter prentjie. Die volhoubaarheid van ons planeet.

Vandeesweek (18 tot 24 April) is juis Wêreld-herwinningsweek en wat is nou beter as om ook jóú deel vir ons planeet te doen. Gebruik nou jou kans.  H&M se mikpunt is om dié week wêreldwyd 1 000 ton ongewenste of gedane klere bymekaar te maak.

Herwin & hernu

Om te voorkom dat ou klere op stortingsterreine eindig, het H&M in 2013 die eerste wêreldwye klere-terugneemstelsel begin. Dit werk só: Jy kan enige ou klere of linne (in swak of goeie kondisie) ingee by die spesiale invorderingsbokse in die groep se winkels.

Wat gebeur met die ou items?

Klere wat nog in ’n drabare toestand is, word aan minderbevoorregtes gegee. Die res word herwin en onder meer as stoffeervulsel vir meubels gebruik.

H&M herwinings week

H&M se herwining van ou klere

Het jy geweet?
In 2013 is 3 047 ton klere op dié manier ingevorder. En in 2014 het die groep 7 600 ton ou klere versamel vir hergebruik en herwinning. Dis gelykstaande aan 40 miljoen T-hemde.

Hier vind jy jou H&M-winkels:

Victoria & Alfred Waterfront, Kaapstad, met afdelings vir vroue, mans, kinders, H&M Plus (vir vroue met meer kurwes), H&M Mamma (kraamdrag), asook H&M Home.

Sandton City, Sandton, Johannesburg, met afdelings vir vroue, mans & kinders.

Mall of The South, Aspen Hills, Johannesburg, met afdelings vir vroue, mans, kinders en H&M Plus (vir vroue met meer kurwes).

Clearwater Mall, Roodepoort, met afdelings vir vroue, mans, kinders, H&M Plus (vir vroue met meer kurwes) en H&M Mamma (kraamdrag).

Vir jou dagboek:

Donderdag 28 April om 09h00 maak die vyfde H&M-winkel in SA oop in Mall of Africa, Waterfall City, Midrand, met afdelings vir vroue, mans, kinders, H&M Plus (vir vroue met meer kurwes), H&M Mamma (kraamdrag), asook H&M Home.