Manlike stylikoon, David Beckham dra H&M. Foto: @hm_instagram

Manlike stylikoon, David Beckham dra H&M. Foto: @hm_instagram

Modestories

Help, my man het g’n styl! (DEEL 1)

Daai een hemp met al die gate, die broek wat al verbleik is … Wanneer jou man mal is oor een item, dra hy dit gewoonlik flenters. Maar soos Robbie Wessels sing: “Speedo’s en crocs, daai kite vlieg nie!”. SARIE se modespan gee jou wenke hoe om jou man meer stylvol te maak.

LET WEL: dit gebeur nie oornag nie!

Wenk 1 – Baba-stappe

Rome is nie in een dag gebou nie. En dieselfde geld jou man se klerekas. Wees versigtig dat jy hom nie die skrik op die lyf jaag nie. Wanneer jy wil hê hy moet iets nuuts probeer, moenie die heel nuutste tendense koop nie. As hy byvoorbeeld van lospassende broeke hou, moenie  skielik ’n noupassende (skinny) snit gaan koop nie. Koop liewer eers ’n reguitpyp-broek sodat hy geleidelik gewoond raak aan die slanker snit. 

Wenk 2 – Ken sy styl en grootte

Wanneer jy vir hom iets koop, koop iets waarvan jy ook hou. Maar neem sy styl in ag, want jy kan nie ’n plaasseun in ’n rock-ster verander nie. As jy onseker is van sy grootte, kyk na die items in sy kas waarin jy dink hy goed lyk en wat goed pas. Gebruik dié groottes wanneer jy die winkels invaar. Koop ook by winkels waar jy die items maklik kan terugneem.

David Beckham sexy en stylvol

Wenk 3 – Gehalte

Mans het heelwat minder klere as vroue en is ook lief om dieselfde ding oor en oor te dra. Koop dus items van goeie gehalte wat hy vir ’n langer tydperk kan dra.

Wenk 4 – Vermy vreemde kleure of patrone

Koop klassieke kleure soos grys, steenkleur, swart en skakerings van blou. Dis al manier hoe jy hom gaan oortuig om die nuwe item te dra. As hy veilig voel in die kleur, is die kanse groter dat hy dit sal probeer.

Wenk 5 – Fokus op sy gunsteling-item

As jou man of kêrel se gunsteling-item ’n T-hemp is, koop vir hom een met die nuutste neklyn of in ’n modekleur.

via GIPHY

Lees nou