Modestories

Soel somer-gemak

IN PAS (foto bo)

Met gladiator-sandale tot by die kuite is jou uitrusting dadelik modieus.

Wit V-nek-katoenrok (R450), TRUWORTHS LTD. Goue gladiatorleersandale (R699), Luella. Roomkleurige halssnoer met kraletrossies (R190), Earth Addict.
Rok: groottes 32 – 42

[box:350:grey:left]

 Die voordeel van dier- en plantmateriale is dis nie nadelig of giftig nie, en breek maklik af. Plant-materiale soos linne en katoen is gewild vir die somer, want dit haal asem en hou jou sodoende koel” – Karen ter Morshuizen, mode-ontwerper van Lunar

[/box]


Mode-sessie: Januarie 2010

 

 

Stylvolle lae  

STYLVOLLE LAE
 
                                
As jy hou van die laag-op-laag voorkoms is ‘n wyepypbroek met ‘n oorgroot hemp die perfekte basis. Voeg nou nog lae by.

Oorgroot wit hemp van viskosemengelstof (R525), Amanda Laird Cherry @ The Space. Steenkleurige wyepyp-linnebroek (R1100), Habits. Wit moulose top onder hemp (R280), Bombshell @ YDE. Steenkleurige onderbaadjie van viskosemengelstof (R999), Nicci Boutique. Bruin leerbelt (R600), Habits. Roomkleurige gehekelde ring (R45), Lime.

Hemp: groottes 30-38
Broek: 32-38
Top:S-L
Onderbaadjie: S-L

Buitelugluim  

BUITELUGLUIM

Die peasant-styl bloes is ‘n staatmaker in jou somer-klerekas. Dra dit saam met ‘n kortbroek of ‘n volromp.

Naaswit katoenbloes met borduurwerk (R360), TRUWORTHS LTD. Steenkleurige knielengte broek van katoen en linne (R479), Caterpillar. Geweefde trilby-strooihoed (R229), Accessorize. Silwerring met agaatsteen (prys op aanvraag), Philippa Green.

Bloes: groottes 32 – 42

Broek: 30 – 40

Skattig in wit  

SKATTIG IN WIT

Voel een met die aarde, maar lyk steeds sjiek in ‘n oopgeknoopte hemp wat jy oor ‘n top pleks van ‘n baadjie dra.

Grys katoenhemp (R599), Nicci Boutique. Wit viskose-top met plooi-detail (R99,95), Meltz. Wit wyepyplinnebroek (R900), Carducci. Armband van been en onikssteen (R595), Paisley’s. 

Hemp: groottes S – L
Top: 6 – 18
Broek: 30 – 42

Somerbriesie  

SOMERBRIESIE
 
‘n Fyngebreide trui is perfek wanneer ‘n koel windjie waai. Dié veelsydige item kan los of as oorvou-trui gedra word.

Steenkleurige moulose viskose-top (R240), Foschini. Wit fyngebreide trui (R360), TRUWORTHS. Hout-oorbelle (R1 500), Philippa Green.

Top: groottes 6 – 16
Trui: 32 – 42

In volle blom  

IN VOLLE BLOM

Slaan die asems weg in dié kaftan met ‘n handgeverfde patroon. Dra dit oor ‘n broek of ‘n wit slooprok met jou gunsteling-sandale.

Naaswit kaftan van sy-voile met skaamrosie-patroon (R1 950), Lunar. Wit noupyp-jeans (R650), Sissy Boy. Wit lycra kamisool (R199), Slick. Room- kleurige gehekelde oorbelle (R45), Lime. Bruin sandale van kunsleer (R79,95), Ackermans (beskikbaar in Januarie 2010).

Kaftan: slegs grootte L
Jeans: 6 – 14
Kamisool: S – L

Droomverlore  

DROOMVERLORE

‘n Wit rok is heerlik koel vir warm dae, op sy eie of bo-oor iets anders. Ook perfek oor jou swembroek.

Wit knielengte katoenrok (R250), TRUWORTHS LTD. Wit spanbroek (R225), Colleen Eitzen @ The Space. Goudkleurige leersandale met enkelbandjies (R899), Nine West. Bonkige halssnoer van been (R312), The Space.

Rok: groottes 32 – 42
Spanbroek: 32 – 38

Natuurlik  

NATUURLIK!

Bruin leerbykomstighede is gemaak vir ‘n linne slooprok

Steenkleurige linnerok (R375), Amanda Laird Cherry @ The Space. Horlosie met bruin leerbandjie (R1299), Fossil @ S Keren Watch Group. Bruin leerbelt met klinknaels (R200), Tessa Design.

Rok: groottes 30-40

  • vumwxuxbm

    EbJWIf gijfqafkrwzk, [url=http://rdjbhqsuosvq.com/]rdjbhqsuosvq[/url], [link=http://ivikkjmzgmgi.com/]ivikkjmzgmgi[/link], http://zjztvhpdiwyn.com/