sr0911mode_1r_
Modestories

Kies die perfekte swembroekstyl vir jóú lyf

’n Ragfyn swart borrelrok van sy-chiffon (R4 200) van Stefania Morland bedek die seisoen se spierwit driehoekbikini. Die bostuk met stopsel R720 het ’n bypassende broekie (R490), The GRAND Shop. Silwerkleurige dubbelstring-halssnoer van nikkelvrye piouter(R350), Lulu Belle. Silwerkleurige halssnoer
van nikkelvrye piouter met blaarhangertjie (R149), Accessorize.

Bikini: groottes S – L
Rok: op aanvraag

SWEMBROEK-STYLE

 

Glansryke 50’s

Halternekeenstuk met grafiese patroon en hoë rug (R2 200),
Tam Tam Collections
. Wit geweefde hoed(R99,95), Woolworths.
Silwerkleurige armband met diamanté- detail(R190), Tessa Design.
Dun oorgeblaasde silwerarmbande (R259 vir stel van 7), Sequioa.

Eenstuk: groottes S – L

 

Bollywood bo

Roomkleurige kaftan van viskose met goudkleurige kralewerk(R2 500),
Marion & Lindie
. Goudkleurige gehekelde sandale(R220), Queenspark.
Oranje-bruin-en-roomkleurige halssnoer van plastiekkrale (R175), Lulu Belle. Bronskleurige oorbelle van nikkelvrye metaal (R169), Accessorize.

Kaftan: groottes 32 – 34

 

Vloot-styl

Vlootblou-en-wit gestreepte bikini-bostuk met draadondersteuning
(R119,95) en bypassende broekie met val (R99,95), Free 2BU @ Edgars. Goudkleurige gedraaide oorbelle van staal (R129), Accessorize.

Bikini: groottes 6 – 14

 

Op safari

Kakie spanband-bostuk met verwyderbare halternekbandjie en
bypassende broekie (R490 vir stel), Barclay & Clegg. Bruin serp met slangvelmotief om middel(R120), Foschini. Horlosie met kuns-
krokodilvelbandjie (prys op aanvraag), Tag Heuer. Hout-halssnoer met
stene (R299), Sequoia. Hout-en-skulphalssnoer(R449), Sequoia.

Bikini: groottes 32 – 38

 

Onder die palmboom

Bikini-bostuk met draadondersteuning en blaarmotief
met bypassende broekie(R550), Barclay & Clegg. Bronskleurige
halssnoer van nikkelvrye piouterkrale(R179), Lulu Belle.

Bikini: groottes 32 – 38

Lig en skadu Lig en skadu

Swart-en-wit halternek-bikini met draadondersteuning (R119,95) en bypassende broekie (R99,95), Kelso @ Edgars. Versilwerde hoepeloorbelle (R129), Sequoia.

Bikini: groottes 6 – 16