FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Modestories

SOS: Oplossings vir jou mode-noodgeval (DEEL 2)

Die verleentheid van ’n soom wat uit is, ’n ritssluiter wat vashaak of onnodige cleavage danksy ’n knoop wat afspring, kan alles vermy word met dié wenke.

SOS: Oplossings vir jou mode-noodgeval (DEEL 1)

#8 Plakkies se band gaan los

Jy is op pad iewers heen en daar trek jou plakkies se band uit – die band tussen jou tone!

via GIPHY

Albany brood

Pick ‘n Pay : Albany brood : R14.29

Oplossing: Gaan haal die plastiek-bandjie wat die broodsak toehou en haak dit aan die bandjie onderaan jou plakkie vas.

 

#9 Jy is hak-af

Die grootste verleentheid is wanneer jou hak afbreek.

Oplossing: Supersterk gom (super glue)!

 

#10 Grimeervlekke

Jou wit bloes het ’n rooi lipstiffie-vlek.

Oplossing: Wet Wipes werk soos ’n bom! Indien jy steeds sukkel om dit uit te kry, beveel ons aan dat jy Sunlight-koekieseep oor die vlek smeer en dit uitvryf, maar moet die seep net nie te dik aansmeer nie.

#11 Kougom-situasie

Jy het in kougom gaan sit …

Haarsprei by Clicks R41.95

Haarsproei by Clicks R41.95

Oplossing: Kry die sterkste en taaiste kleefband en plaas dit op die area. Druk dit vas en trek dit weer af – die kougom kom saam met die kleefband af. Jy kan ook haarsproei op die kougom spuit en dit laat hard word, dan kom dit makliker af. 

Uit eie ondervinding:

Kougom of wondergom in jou hare of in jou kind se hare is ’n gemors! Grondboontjiebotter werk soos ‘n bom, asook vloeibare skottelgoedseep soos Sunlight Liquid.

 

 

#12 Hare vir Afrika

Jy het ‘n donker item aan en jou klere is vol kat- of hondehare.

Oplossing : Maskeerband! Draai die maskeerband om jou hand sodat die taai kant na buite wys en trek die hare daarmee af.

 

#13 Deodorant-vlek

Wit merke onder jou arms?

Oplossing: Gebruik witasyn om die deodorant uit te kry.

 

#14 Koffie- of wynvlekke

Jou kledingstuk het ‘n koffie- of rooiwynvlek.

Oplossing: Gebruik witasyn. Spoel die kledingstuk uit in witasyn of vryf witasyn wat met water verdun is op die vlek. As jy nie witasyn het nie, kan jy sodawater gebruik – dit werk net so goed. 

#15 Geleerde kouse

Jou kouse het gehaak en die gat raak al groter …

Oplossing: Sit deurskynende naellak op die eindpunte van die leer om te keer dat die gat groter word.

Studente se raad vir geleerde swart kouse: Kleur die gat in met ‘n swart viltpen en spaar só ‘n paar rand.

 #16 Donsies op die oppervlak van jou trui

Jou trui lyk oud, want dis vol donsies.

Oplossing: Gebruik ‘n skeerlemmetjie en skeer die donsies af.

Lees nou